So ietsie anders vir oggend koffie…amper netso lekker soos die Italianers se biscotti.

Variasies vir Kondensmelk-karring beskuit:

  • 1 k neute/rosyne/choc chips/rooibosbessies/sitrus skil/sade van keuse.

Bestanddele vir Kondensmelk-karring beskuit

  • 1.5 kg Koekmeel
  • 5 ml Sout
  • 10 ml Kremetart
  • 4 t Bakpoeier
  • 2 t Koeksoda
  • 500 g Botter
  • 385 g Kondensmelk
  • 500 ml Karringmelk
  • 1 Eier – geklits
  • 1 t karamel geursel van Moirs

Metode vir Kondensmelk-karring beskuit

  • Voor verhit oond na 170C. Berei beskuit pan voor.
  • Sif al die droë bestanddele saam.
  • Smelt die botter en kondensmelk saam, laat afkoel tot kamer temperatuur en voeg die eier en karringmelk by.
  • Meng die nat en droë bestanddele saam, moenie knie nie, druk net aan mekaar, jy wil nie gluten ontwikkel nie.
  • Deel die deeg in 40 bolletjies. Ek weeg die deeg en deel dit dan deur 40 om die gewig vir elke bolletjie te kry. Maak bolletjies en pak in pan. Jy kan ook in gewone brood panne bak, jou keuse hoe groot jy die bolletjies wil hê.
  • Of
  • Druk in standaarde beskuit panne en sny vooraf in vingers.
  • Bak by 170 ˚ C vir 45 – 60 minute, laat die beskuit effens afkoel, keer uit die pan en breek in stukkies op. Droog by 100-110C vir 5 ure.

Bron: AnnelienPienaar, Beskuit klas 101
Hoeveelheid: 40 bolletjies