‘n Baie spesiale gesoute karamel en dadel gebak uit my moeder se hartlike warm kombuis en niks so wonderlik as mens winter vakansies tuiskom met hierdie geure wat die huis hartlik vul. Hierdie resep kan met gemak verdubbel word. Ek maak soms ook ipv die langwerpige broodjie, individuele porsies. Die opsies is eindeloos.
Koek basis vir Karamel en Dadel koek
- 200 g wit suiker
- 150 g dadels, ontpit en gesnipper
- 250 g kookende water
- 2 e appelkoos konfyt
- 100 g botter of 80% vet inhoud bakkers margarien
- 210 g koekmeel
- 5 ml koeksoda
- 2 eiers
- Knippie sout
- 5 ml vanielje geursel
- neute vir garnering
Metode vir Karamel en Dadel koek
- Smeer ‘n “half loaf” brood pannetjie of ‘n 20 cm koekpan rond of vierkantig met pan smeer. Voor verhit oond na 160 C.
- Smelt die suiker sonder om te roer in ‘n klein kastrol totdat dit ligte karamel stroop word. Verwyder van hitte as die stroop reg is en al die suiker gesmelt is.
- Voeg dan versigtig bietjie van die water by, want die stroop gaan op kook. Wees versigtig vir spat. Roer en voeg by, gevolg deur die dadels en botter. Roer totdat die stroop glad is. Jy kan die potjie weer terug plaas op die stoof om by stadige hitte effens te kook en verwyder van hitte en los om vir 15 minute af te koel en die dadels sag te laat word.
- Sif die koekmeel, sout en koeksoda saam. Meng die eier, vanielje geursel met die dadel mengsel.
- Voeg by die koekmeel en roer goed deur. Jy kan met ‘n houtlepel werk of ‘n menger.
- Giet die beslag in die voorbereide pannetjie en bak vir 45-50 minute.
Glans sous vir Karamel en Dadel koek
- 4 e botter of 80% vet inhoud bakkers margarien
- 100 g (1/2 k) treacle/muscavado/demarera sugar
- ½ k room
Metode vir Glans sous vir Karamel en Dadel koek
- Sodra die koek uit kom, smelt die Glans sous bestanddele in ‘n mikrogolf veilige glas bak en kook vir 3 minute.
- Keer die warm koek dadelik uit op die regte opdien bord.
- Steek dan gate met ‘n sosatie stokkie oral oor die koek en giet versigtig die karamel sous oor die koek. Maak seker jy fokus op die gaatjies en eweredige verspreinding.
- Laat afkoel en bedien met versoete styf geklitsde room/roomys en neute.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2016
Hoeveelheid: 1 piesangbroodjie grootte