Kindertyd lekkerte en so eenvoudig om te maak. Ongeag die feit of jy ‘n wafel maker het of nie…hierdie resep kan ook direk op ‘n warm plaat gemaak word en dun uit gesprei word en dan net so omgedraai word soos ‘n pannekoek en dadelik gevorm word.

Loer gerus ook Take a lot vir elektriese wafel makers.

1 eier ekstra groot
120 g wit suiker
120 ml kook water
120 g koekmeel
5 ml vanielje geursel
60 g botter (botter verseker net n brosser en meer smaakliker cone)
1 knippie sout

Klits die eier en suiker saam tot lig en donsig.

Voeg dan die kookwater by en klits goed deur, gevolg deur die vanielje geursel. Laaste klits die botter by.

Sif die koekmeel en sout saam en meng goed deur en verkoel in yskas.

Voor verhit die wafel maker en skep 2 e beslag in die middle van die wafel maker en knyp dan liggies toe, moenie styf af druk. Jy het ongeveer 4 minute se baktyd per wafel. As die wafel maker nie wil oop maak…beteken dit die deeg sit vas en moet nog bietjie langer bak. Wees maar geduldig met die eerste een…amper soos pannekoek bak, die eerste een altyd ‘n floppie!

Sodra die wafel mooi goud kleurig is, haal dadelik af en vorm om n wafel cone hout stokkie of gebruik ‘n hand gemaakte cone vormpie of vorm sigare oor ‘n dik hout stokkie soos n dowl of selfs ‘n pvc pypie. Los om af te koel.

Stoor die gebakte wafels wat af gekoel het in ‘n lugdigte houer met ‘n paar silikoon sakkies om vog te absorbeer of stukkies ryspapier vir ongeveer 3 maande in die spensrak.

Bron: Annelien Pienaar vir www.annelienpienaar.co.za 2003
Hoeveelheid: 30