Die geskiedenis rondom Bretzels is vir my altyd mooi om oor te dra. Dit is ʼn Duitse tradisie om Bretzels te bak. Honderde jare gelede is die Bretzel se vorm ontwikkel om die kruis wat dit maak in die middel, gekruisde arms wat bid uit te beeld. Meer nog, is hierdie kenteken ook by bakkerye aangebring aan die buitekant om vir ongeletterdes te wys dat dit ʼn bakkery is.

Bretzels word ook met die diastatic malt gemaak en ook soos sy voorganger die Bagel gekook. Hierdie keer word die kook proses verder verryk met die byvoeging van Voedselgraad seepsoda en in Suid-Afrika onbekombaar en ook NIE betroubaar tov die sterkte. Ek wil nou al ʼn waarskuwing rig, seep soda kan baie giftig en gevaarlik wees as die dossering nie korrek is. Daarom vir veiligheidsredes gaan ek nie hierdie middel in my klas gebruik en jou die ompad leer met dieselfde smaak en glas met koeksoda. Beide lye/lauge/seepsoda en koeksoda se eindresultaat nadat dit verhit is en ook gebak word, is ʼn sout nasmaak. Dus, moet mens regtig ʼn Bretzel fynproewer wees om die verskil te kan proe en juis dan ook, kan mens soms die mense flous.

Daar is ook ʼn verkoelings tyd met die Bretzel soos vir die Bagel maar dit is ʼn skamele 30 minute. Hierdie sal help om ʼn velletjie te vorm voor baktyd.

700 g (5 k) koekmeel
375 g (1 ½ k) water
2.5 ml (½ t) sout
5 ml (1 t) brouers gis
2 ½ e botter
¼ t diastatic malt of los net uit want dit kan ook met black strap molasse vervang word, maar daar is reeds in resep.
60 – 90 ml (4 e – 6 e) koeksoda
2-3 liter water
2 e black strap molasse

Sif koekmeel en sout saam.

Los die brouers gis op in 100 ml van die afgeweegde water met die strapmolasse ʼn tiksel van. Roer goed om op te los en laat eenkant om goed te skuim.

Meng die water by die koekmeel en knie tot ʼn gladde deeg vorm. Rus vir 20 minute en knie weer tot glad. Bedek die deeg en rus totdat die deeg dubbel sy volume gerys het.

Keer die deeg op ʼn oppervlak uit sonder ekstra meel. Deel die deeg in bolletjies van 100g elk op. Onthou om die deeg balletjies van no 1 tot hoeveel ook al uit kom te lys. Sodra jy klaar is met die laaste bolletjie sal die eerste bolletjie reeds sag genoeg wees om te kan vorm.

Vorm bolletjies deur dit plat te druk met jou hand van nommer een tot end uit.

Vorm die deeg deur dit in derdes op mekaar te vou tot end uit.

Vorm die deeg dan in die helfte in die lengte oor mekaar tot end uit. Rol dan die deeg in lang toue van ongeveer 20 cm, MAAR rol die deeg met die eerste rol effe langer en werk dan net op die ente sodat die middel deel ʼn effense uitstulping maak. Dus, dik in die middel en baie dunner na die kante.

Plaas die deeg dan in ʼn U-vorm voor jou en draai die twee beentjies 2 x om mekaar en vou dit dan oor om op die dunner deel van die U-vorm vas gedruk te word weerskante. Plaas die deeg op ʼn voorbereide bakplaat. Laat die deeg 50% verdubbel en plaas dan in die yskas vir 30 minute.

Voorverhit oond na 230C met ʼn drip tray vir ys vir stoom en ook ʼn pizza steen vir beter oven spring in jou deeg.

Berei die kookwater soos volg: Bring die water tot kookpunt en voeg die strapmolasse en koeksoda by. Maak seker dit is ʼn diep genoeg kastrol anders kook die koeksoda oor. Plaas die koue bretzels in die warm kokende water, sodra die bretzel dryf, skep uit, gee met ʼn lem ʼn snit op die uitstulpings van die bretzelss, en plaas op voorbereide bakplaat. Bak vir 15-18 minute tot gaar.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2003
Hoeveelhede: jy bepaal min of meer hoe groot of klein. Jy kan werk op 8 porsies min of meer.