Ek werk in industriele kombuise en hier het ons ‘n praktyk om olie vinnig te suiwer voordat die dag afskop. Onthou hierdie tegniek kan net met afgekoelde gebruikte olie gedoen word. So neem kennis anders sal jy jouself baie seer brand. Want ons gaan water in hierdie proses in bring en olie kan ontplof!

Paar reels oor olie gebruik
1. Moet nooit olie verby rookpunt verhit, dit sal die olie oksideer en galsterige smake kry en akroloien vorm wat kanker kan veroorsaak…so wees gewaarsku. Olie vir diepbraai nooit warmer as 180C.
2. Dreineer olie altyd as dit afgekoel het en stoor met ‘n deksel wat dig pas.
3. Hou in donker kas.

Hoe werk die proses?
1. Dreineer die gebruikte koue olie as jy dit stoor met ‘n olie siffie. Daarna gaan jy:
a. Vir elke koppie olie benodig jy ‘n kwart koppie water en 1 e mielieblom… Meng die mielieblom met die water en voeg dit by die koue gebruikte olie. Plaas die olie terug in oor hitte en begin om dit te verhit. Die mielieblom en water sal ‘n dik pasta vorm wat dan al die vullis en smake bind. Jy sal merk dit maak ‘n jellie bol onder in die olie. Haal die bol uit en dreineer die olie deur ‘n siffie vir ‘n tweede keer. Daarna kan die olie gestoor word of weer verhit word om die melkerigheid te verwyder, en dreineer die olie daarna vir ‘n laaste keer.
b. Hierdie proses kan na elke gaarmaak sessie vir 7 x gedoen word. Dus n groot rand rekker.
c. Olie is nie meer goed as dit dik word, donker en snaaks ruik.
d. Jy kan ‘n olie meter aanskaf maar is super duur om die goedheid van die olie te bepaal voordat dit geruil moet word.
e. Moet nooit olie in’n drein afgooi. Dit doen skade aan septiese tenks. Hou in die houers en lewer aan mense wat ou olie koop om te herwin.

Ek hoop hierdie help.

Bron: www.annelienpienaar.co.za vir Hospitality studies Level 5:Tshwane North FET deur Mev A Pienaar