Hierdie eenvoudige tradisionele Italiaanse Neapolitan pizza is gesond, maklik en heerlik om te berei. Die bolle kan vooraf gemaak word, gevries word, uit gehaal en ontdooi word om dan verder te rys of dit kan eevoudig net gevorm word, gebak word met tamatie basis en gevries word vir latere gebruik. Hoe dit ookal is, pizza is tradisie in die Pienaar-huis.

Deel 1:

1 kg steengemaalde broodmeel of tipo 00

700g water

1/4 t brouersgis
5 ml witsuiker/heuning/bruinsuiker

5 ml sout

Pizza dust

Hou hierdie meel in die vrieskas as dit nie dadelik alles op gebruik word. Hierdie meel is baie belangrik sodat die deeg nie op die pizza peel vas sit en dit kom ook maklik los van die pizza steen se oppervlak. Verder help dit met die shaping van die deeg.

1 koppie rysmeel

1 koppie super fyn mieliemeel of fyn polenta

1 koppie broodmeel

Meng saam.

Meng die meel, witsuiker en sout saam. Los gis in die water op met ‘n ekstra knippie suiker. Meng die water by die meel en knie net totdat al die bestanddele gemeng is. Los vir 30 minute en knie goed deur vir 5 minute sodat die deeg glad word.

Laat die deeg weer rus vir 2 ure. Verdeel die deeg in 5 porsies en baie belangrik, vorm dit in balle soos in die link hier onder gesien. Laat die deeg bedek in die yskas vir 12 ure rus. https://www.instagram.com/p/B_LAZRiF09g/…

Deel 2:

Haal deeg uit die yskas, laat 30 minute rus en volg die video se instruksies. Indien nie video gekyk: Haal elke bal met deeg versigtig uit die bak en plaas op ‘n klein bietjie van die Pizza dust. En begin met die vinger punte van beide hande van die middel na onder die deeg plat druk. Daarna draai die deeg en herhaal reg rondom totdat die deeg die grootte en dikte is wat jy verkies. Plaas die deeg op die pizza peel met ekstra pizza dust op die peel en pak die pizza direk op die peel met bestanddele en gly dit dan af in die pizza oond. Oond temperatuur ongeveer 300-350C. Maak deur toe en bak 5 min, draai deeg, en bak weer 5 min.

 

Nota oor kole vir pizza oond: Kole moet reg rondom die pizza teen die kante van die oondjie wees. Pizza in die middel. Die hitte moet van reg roondom gestraal word en dan ook weer van bo radiate word soos die hitte van die kante na bo beweeg weens konveksie stroming. Harde hout is altyd die beste opsie vir pizza bak.

 

Indien jy nie wil parbake nie, kan jy die pizza sommer dadelik gereed kry met vulsels en al… of net die base met die tamatie base bak en dan afkoel en vries.

 

Parbaking vir basisse: 230C en ho vir 8-10 min. Stoor met bakkerspapier lae in ‘n lugdigte omhulsel of bak.

https://www.instagram.com/p/B_abilNlV6y/…

 

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2022

Hoeveelheid: 5 large pizza’s