‘n Kindertyd bederf poeding resep wat ons as kinders op ‘n wye verskeidenheid maniere geniet het. My moederlief het die Sneeu poeding in tuisgemaakte Brandsnaps gespuit of soms het sy Sugar cones geneem, dit eers met couverture sjokolade uit gevoer en dan gevul met die Sneeupoeding en op getop met roomys as dit bedienings tyd was. Sy was vreeslik kreatief gewees.
Meer nog, jy kan ‘n diabetiese weergawe doen deur die suiker te vervang met kunsmatige versoeters tot ‘n ratio wat vir jou smaaklik is.
Verder het sy ipv die tradisionele suurlemoen geur het sy aarbei of framboos ook gedoen…soms het sy net geursels bygevoeg en dan gekleur na gelang van die geure wat sy op besluit het. Punt is, jy kan baie kreatief te werk gaan met hierdie resep. Geniet!
25 ml gelatien poeier gesprinkel oor 4 e water, los om te hidreer tot een rubber massa
250 ml (1 k) water
200 g (1 k ) wit suiker
60 ml (4 e)suurlemoensap
2 e suurlemoen zest
2 large eier witte
2 knippies kremetart
Plaas ‘n glas mengbak in die vrieskas n uur voor die tyd. Dit sal help om die poeding vinniger styf te klits.
Plaas die water in ‘n 15 cm diep kastrol. Verhit die water tot onder kookpunt. Voeg die gelatien by en roer totdat al die gelatien in die water opgelos het, die mengsel moenie kook nie, net onder kookpunt wees. Verwyder van hitte sodra die gelatien opgelos het. (nota: onder kookpunt beteken die water maak fyn borrels onder op die bodem van die kastrol, skakel dan die plaat af).
Voeg die suiker en suurlemoensap by die water en roer totdat die suiker opgelos het. Laat die mmengsel afkoel tot kamertemperatuur.
Giet die mengsel in die koue bak en klits dan teen matige spoed die mengsel totdat dit begin skuim en dik vertoon. Klits dan die eierwitte met twee knippies kremetart styf en vou die eierwitte met ‘n draad kliser in die styf geklitsde mengsel in.
Skep die mengsel in ‘n bak en bedek met kleef plastiek. Laat in die yskas verder stol.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 1999
Hoeveelheid: 4 porsies
Ek wil graag my lidmaatskap betaal
Kry nèrens julle bankbesonderhede nie
Waar kry ek dit
Kersgroete en groot dankie vir BKT
Margot Hausler
Margot,
Jy moet asb deur die aankoop proses via die webtuist se aanlyn winkel gaan. Daar kies jy die opsie vir EFT ipv PayFast en dan ontvang jy die banking details asook die ordernommer vir jou verwysing wat gekoppel is om jou rekening te aktiveer.
Epos my by boerekostwist@gmail.com indien jy sukkel. Dan maak ons ‘n afspraak per foon.
Groete
Annelien Pienaar