Gemmerbrood beskuit is ‘n heerlike vakansie bederf en het vele kinkels in om hierdie beskuit besonders te maak. Met die ontwikkel van hiedie resep het ek na my oorlede moeder verlang en so het ek die geure van haar kombuis vervleg tot iets wat selfs my kinders eendag aan my sal herinner.
Wenk: speel met spesery kombinasies van keuse. Bring ook in bietjie neute van ongeveer 100g (1 k), stukkies afval sandsuiker fudge of selfs makataan stukkies of sitrus skil kombineer heerlik in hierdie beskuit. 1 k se mate sal perfek werk vir hierdie kinkel…
1.5 kg (10 ½ k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
3 e kakao
1 e speculaas kruie
2 e kaneel
2 e gemmer poeier
10 ml kremetart
30 ml (2 e) bakpoeier
10 ml (2 t) koeksoda
500 g (2 k) botter of bakkers margarien
400 g (2 k) treacle of muscavado sagte bruinsuiker
600 ml (2 1/4 k) amasi
3 eiers, geklits
Voorverhit oond na 170 ℃ en berei ‘n beskuit pan voor.
Sif al die droë bestanddele saam behalwe die suiker.
Smelt die botter en bruinsuiker saam, laat afkoel tot kamertemperatuur en voeg die karringmelk by en roer goed deur, gevolg deur die eiers.
Meng die nat en droë bestanddele saam, moenie knie nie, druk net aan mekaar. Deeg wat te erg geknie word sal ‘n harde beskuit lewer.
Bak by 170 ℃ vir 45 – 60 minute, laat die beskuit effens afkoel, keer uit die pan en breek in stukkies op. Droog by 100-110 ℃ vir 5 ure.
Bron: AnnelienPienaar, Beskuit klas 101