Heerlik vir kuier happies saam met patee’s of iets gesond vir die kosblikke. Hierdie happies is veeldoelig en gesond.
7 g (1 ½ t) kitsgis
420 g (1 ¾ k) lou water
15 ml heuning
¼ t sout
40 ml (2 ½ e) sesame olie (die geur is ongelooflik maar kan vervang word met enige ander olie)
170 g (1 k plus 2 e) volkoring (whole wheat) of bruin brood meel
560 g (4 k) koekmeel
230 g sesame sade (swart en wit kan ook gemeng word vir mooi kleure)
Meng water, heuning en gis saam in ‘n mengbak. Los vir 20 minute vir gis om te aktiveer.
Voeg die res van die bestanddele by die giswater en knie met deeghaak of per hand totdat die deeg glad en elasties is.
Laat die deeg vir ‘n uur rus. Deel daarna die deeg op in 6 bolletjies. Druk dit plat met jou hand en sprinkel goed met meel. Rus die deeg weer vir 15 minute onder ‘n stukkie kleefplastiek.
Rol die deeg dan soos vir pastamakery tot ‘n dikte van ongeveer 3 tot 5 mm. Plaas die deeg stukke op ‘n bakplaat met Teflon velle uit gevoer. Sny die deeg in vorms soos jy verkies. Bak by 190C vir 15 minute of tot ligbruin en bros.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2022 deur Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 50 groot plakkies
Kalorië: 86kcal | Carbohydrates: 12g | Protein: 2g | Fat: 3g |