Elke huishouding benodig ‘n Volkoring of Bruinbrood broodjie, vars elke dag! Hierdie heerlike klam en min moeite volkoring broodjie is wat jy benodig. Deur die byvoeging van flax sade by hierdie resep gaan jy veseker die omega vlakke verhoog en meer nog, deur die koue rys proses seker maak dat die GI aansienlik laer is en jou liggam dus minder insulien sal afskei. Geen gevoel van moeg van enige aard. Gratis na lees werk oor suurdeeg en low GI
http://Is Gluten die vyand?
Wenke
- Jy kan ook speel met die smaak van die gebak deur die gis soorte af te wissel. Ek is n groot voorstander met die gebruik van Brouersgis, die grys korrels wat jy vooraf eers moet oplos. Die smaak is net baie meer intens. Indien jy nie Brouersgis vind, kan Kitsgis ook gebruik word. Lees gerus my artikel oor Gis soorte hier.
- Om die pannetjie vir die lang koue rys proses voor te berei kyk na hierdie volgende Youtube video. Smeer asb die bakkerspapier deeglik met olyfolie uit sodat dit voorkom dat die brood aan die bakkerspapier vassit.
- Oat en Heuning brood: Voeg 60 g Gerole hawermout (rolled oats) by die resep en trek 60 g volkoringmeel af. Vervang witsuiker met heuning en heuning kan ook verdubbel word vir meer smaak. Maak seker jy gebruik ‘n heuning soos bv Bloekom of Fynbos vir die skerpste smaak.
Resep
- 350 g lou water
- 5 g kits gis of selfde mate Brouersgis
- 1 t sout
- 1 e suiker
Meng goed saam en laat skuim vir 10 minute
300 g volkoring meel
100 g koekmeel/allpurpose/broodmeel (enige van die drie)
2 e flax saad
2 e olyf olie
Metode
- Meng met ‘n houtlepel die meel, flaxsaad en olyfolie met die gismengsel. Roer goed deur totdat al die klonte uit is. Laat 10 min rus en skep in voorbereide pan met bakkerspapier wat met olie gesmeer is. Vou van liner vir broodpannetjie
- Giet deeg in pan, smeer deeg met olyf olie en bedek met kleefplastiek. Plaas in yskas en rys vir 12 tot 24 uur. Maak seker jy merk vir jouself die plek in jou pan wat aandui dat die deeg sy volume verdubbel het. Sodra die deeg die merk bereik het is dit gereed vir die volgende proses. NOTA: indien die deeg baie vinniger rys kan jy dit net uit keer en in derdes oor mekaar vou en weer in die pan sit en verder in die yskas rys.
- Voor verhit oond na 230C. Plaas ‘n stoom bakkie in die oond. Basies n pannetjie wat saam met die oond verhit.
1 eierwit
Knippie sout
2 e melk of water
Meng saam en smeer oor die brood. Sprinkel met sade van keuse
Plaas pan in oond en sit ‘n kwart koppie water in die stoom bakkie. Bak brood vir 15 min en verlaag dan die bak temperatuur na 180 vir 30 minute. Voeg weer bietjie water in die stoombakkie as jy die temperatuur verlaag. Die brood sal gestol wees teen hierdie tyd.
Verwyder brood uit die pan en laat goed afkoel. Jy kan die papier aan hou of afhaal, eie keuse.
Pan grootte: 2 x half loaf tins soos vir piesang brood.
Het hierdie broodtjie gebak as deel van ‘n sop en sjerrie tafel by die laaste troue waarvoor ek spyseniering gedoen het. Dit is heerlik en maklik sal dit tenvolle aanbeveel. 10/10
Helga, baie dankie vir die positiewe terugvoering! Groete Annelien