


Hierdie vlagevulde bolle is groot bederf in die wintermaande in die Pienaar woning veral op ‘n Sondagaand voor die kaggel met ‘n beker warm melkjokolade drankie!
Deeg
5 ml (1 t) Kits gis
210 g (1 ½ k)Koekmeel
15 ml wit suiker
3 ml sout
125 ml (1/2 k) (lou warm) melk
1 Eier, jumbo
30 ml (2 e) botter Botter, gesmelt
2.5 ml (1/2 t) Vanielje geursel
75 ml olie om deeg te smeer
1x 20 cm x 15 cm pannetjie
Metode
1. Meng die gis, meel, suiker en sout saam in ‘n mengbak.
2. Meng die melk, eier, vanilla en gesmelte botter.
3. Meng die melk mengsel by die meel mengsel en meng goed deur sodat al die bestanddele nat is. Keer uit op ‘n meel bestrooide werksoppervlakte en knie die deeg totdat dit glad is. Onthou hierdie is ‘n verrykte deeg, amper soos n brioche deeg. Dus, gaan dit klewerig en taai wees. Moenie kommer, moenie nog meel loop by gooi omdat dit pap voel nie, hoe meer jy werk met die deeg hoe fermer sal dit word. Knie vir 10 minute lank tot glad.
4. Laat die deeg rus in ‘n warm plekkie vir 30 minute met kleefplastiek toe gemaak.
5. Knie die deeg weer op die werksoppervlakte tot glad. Deel die deeg in 50 g bolletjies en vou die deeg sodat dit soos ‘n valskermpie al die puntjies onder saam vat en ‘n gladde koepel lewer. Plaas die bolletjies in die gesmeerde pannetjie met die gladde kant na bo. Jy behoort 8 balletjies te kry.
6. Bedek die balletjies met kleefplastiek wat met bietjie olie gesmeer is. Laat die deeg VOL uit rys, amper tot die punt van oor rys. Ongeveer 60 minute. Berei solank die Vla vulsel.
7. Maak ‘n holte in die deeg deur met jou duim diep tot onder te druk en dan in die kante ook in om ‘n effense dammetjie te maak sodat genoeg vulsel kan in pas. Vul met die vla vulsel. Laat die deeg weer vir 10 minute rus en bak dan by 180C vir 25-30 minute.
Vla vulsel
180 ml (1/2k plus 2e) melk
60 ml (4 e) room
50 g (¼ k) wit suiker
45ml (3e) mielieblom
5 ml (1 t) vanielje geursel
3 eiergele (vries die eierwitte vir Pekan droompies in die BKT kookboek)
30 ml (2 e) botter
Plaas melk, room, suiker, mielieblom in ‘n kastrol en met ‘n draad klitser verhit die mengsel en MOENIE op hou roer nie. Die mengsel brand baie maklik aan. Bly roer en bring die mengsel teen matige hitte tot kookpunt en bly roer tot verdik.
Roer die botter by die mengsel en klits die eiergele tot lig en skep ‘n bietjie van die warm vla by en klits goed deur. Hou so aan totdat die helfte van die vla in gemeng is en die eiergele getemper is en nie sal skif. Skep dan al die bestanddele in die kastrol terug en kook tot goed verdik.
Skep oor in plat pannetjie, druk kleef plastiek op die vla om vel te voorkom. Laat goed afkoel en verkoel dan in yskas vir ‘n uur of langer. Die vulsel kan lank voor die tyd gemaak word en dan op die dag gebruik word.
Plaas ‘n stukkie kleefplastiek op die vla om ‘n vel te voorkom of skep direk in ‘n spuitsak met ‘n ronde punt om die bolle te vul.
Glans versiersel
260 g Versiersuiker
3e-5e Melk
5 ml Vanielje
Metode
1. Meng die bestanddele saam en drup oor die kante van die bolle. Vir ekstra lekker kan jy klapper oor die versiersel sprinkel.
Bron: Annelien Pienaar vir www.annelienpienaar.co.za, 2021
Hoeveelheid: 8 bolle (hierdie resep kan met gemak verdubbel word) Gebruik ook die Speculaas kruie om in die deeg te vermeng vir ‘n heerlike hartlike smaak.
Dit lyk verruklikð¤¤
Geniet!