Kerrie eiers is vir my sinoniem met Paasfees en vir my niks lekkerder as om die yskas vol geregte van my kindertyd te stop. Hierdie eiers is heerlik eers by dag 3 want die geure ontwikkel soos dit in die eier in trek.
12 medium hard gekookte eiers, gedop en af gekoel
Hoe om eiers te kook en maklik te dop
Sous
1 k (250 ml) ongeveer 2 medium uie, fyn gekap
10 ml (2 t) garam masala of kerrie poeier
5 ml (1 t) borrie
500 ml (2 k) water
1 aftrekselblokkie (hoender of groente)
30 ml (2 e) witsuiker
45 ml (3 e) blatjang of kondensmelk…ek hou van kondensmelk
30 ml (2 e) wit asyn of appel asyn
2.5 ml (½ t) rooi peper
30 ml (2 e) mielieblom
1/2 t knoffel, fyn gedruk
½ t sout na smaak
Kook uie met helfte van die water, aftreksel blokkie, kerrie en borrie totdat die uie sag is. Meng die mielieblom met die oorblywende water en giet by die mengsel asook die res van die betanddele.
Giet die warm sous oor die eiers en laat dan by kamer temperatuur bedek rus. Plaas in yskas en stoor vir 7 dae. Gebruik en bedien as snoep happies.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za 2003
Hoeveelheid: 1 dosyn