Soet en sout is een van my “guilty pleasures” en die kaas, ham en kondensmelk in hierdie resep werk net ongelooflik lekker saam…

420 g (3 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
3 groot eiers, kamertemperatuur
60g (1/4k) botter of 80 % bakkersmargarien, kamertemperatuur
1.5 ml (1/4 t) sout
100 g wit suiker
250 ml kondensmelk
100 g gerookte ham in 1cm stukkies gesny
100 g cheddar kaas in 1 cm blokkies gesny

Voor verhit oond na 190 ℃ en smeer ʼn 12 gat kolwyntjie pan met pan smeer en hou eenkant.

Sif alle droë bestanddele saam en meng alle nat bestanddele en botter saam. Maak ʼn holte in die meel en vou bestanddele in. Voeg laaste die ham en kaas by en skep in die pan.

Bak vir 35-40 min 190 ℃

Bron: Annelien Pienaar, 2021, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 12 muffins en dit is vrieskas vriendelik na gebak. Om op te warm 10 sekondes in die mikrogolf of hoog of 200 C oond vir 8 min.