450 g chorizo worsies of gerookte worsies van keuse, in blokkies of wieletjies gesny
450 g aartappel in skil gekook tot amper gaar, laat goed afkoel, sny in blokkies 2x2cm
1 bossie spriet uie op gekap of 1 medium ui
sout en peper na smaak
45 ml (3 e) olyfolie of botter vir braai

Voor verhit n gietyster pan en braai die worsies tot gaar, skep uit en behou die pan vette en vul aan met die olyfolie.

Braai die aartappel in die pan met ekstra olie oor matige hitte tot bros reg rondom vir 10 minute en roer liggies. Voeg die sprietuie en sout en peper by en bedien warm vir ontbyt of ligte middagete.

Bron: Annelien Pienaar, 2020, Studente kos, kos vir 2
Hoeveelheid: 2-4 persone (hierdie resep kan halveer word)