Hierdie heerlike tert kan op ‘n wye verskeidenheid maniere berei word van ‘n groot tert tot individuele porsies. Ek het bietjie die smake van kondensmelk en vla in gebring en my gesin is mal oor die veerligtheid van die soet bederf. Ek maak ook melktert sigare deur 1 vel van die filodeeg in 4 te sny en spuit dan 10 cm repe melktert pap wat afgekoel het op en vou toe, bak in olie tot bruin en bedien met ‘n sprinkel kaneel en versiersuiker.

1 liter volroom melk – 1 litre of full cream milk
6 eiers – 6 eggs separated
1/2 k suiker – 1/2 cup of white sugar
1/2 blikkie kondensmelk / 1/2 tin condensed milk
6 e (90 ml)-6 tbsp (90 ml) custard powder
3 e (45 ml) mielieblom (cornstarch)
3 e (45 ml) botter  – 3 tbsp (45 ml) butter
1 t vanielje geursel – 1 tsp (10 ml) vanilla extract or essence
Ekstra fyn kaneel vir versiering – fine cinnamon for dusting the milktart at the end
1 roll of phyllo pastry
100 ml melted butter and pastry brush
tertbak 20-25 cm deursnit en 5-10 cm hoog

Filo

Voorverhit oond na 180C Rol die filodeeg oop en plaas ‘n klam maar nie nat vadoek oor soos jy werk. Deel die rol deeg in die helfte oor die breedte. Daarna smeer ‘n vel mildelik met die gesmelte botter en frummel dit liggies reg rondom die kant van die bak…amper soos ‘n nat lappie wat jy mooi vorm om soos ‘n pof rokkie om die rand te loop. Hou so aan totdat jy tevrede is met die randjie. Plaas dan ‘n dun lagie van twee lae op die middel. Bak die kors dan vooraf totdat die punte bruin en bros is vir so 5-8 minute. Hou dop die gedoente brand maklik. Sodra gaar, hou eenkant vir die warm vulsel.

Vlavulsel

Plaas melk en kondensmelk in ‘n groot genoeg glas mengbak wat geskik is vir mikrogolf werk. Verhit die melk tot onder kookpunt so 5 minute. Hou asb ‘n oog.

Klits eiergele en suiker saam tot lig geel en romerig vir so 5 minute. Voeg die vlapoeier en mielieblom by en klits weer.

Voeg bietjie van die warm melk by die eiermengsel so ‘n halwe koppie en klits goed deur. Voeg nog ‘n halwe koppie by en kits weer. Giet die eiermelk mengsel terug by die oorblywende melk en roer goed deur. Mikrogolf vir 5 minute en stop elke minuut en klits deur.

Klits die eierwitte totdat dit net net begin styf word en punte vorm. Hou eenkant.

Sodra die eiervla gaar is roer die geursel, botter by en vou dan die eierwitte in. Giet in voorbereide kors. Laat die tert goed afkoel voordat die kaneel met mooi patroontjies oor gesprinkel word. Gebruik n baie fyn tee siffie om kaneel netjies te strooi. Loer in die winkeltjie hier op die webtuiste vir die mooiste stensils vir melktert en vele meer.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2021-02-25 Neem kennis, hierdie resep mag net met die direkte skakel gedeel word op sosiale media. Asb geen copy en paste.

Hoeveelheid: 1 groot melktert of 2 ronde standaard foelie bakkies.