Vinnig en maklik om hierdie spesery mengsel te berei en met die byvoeging van bietjie olyfolie kan dit ‘n heerlike invryf middel word. Vir seekos natuurlik ‘n wenresep. Hierdie resep kan met gemak vermeerder word.
2 t knoffel poeier
2 t uie poeier
3 t gerookte paprika
2 t cayenne poeier
1 t grof gemaalde swart peper
1 t rissie vlokkies, ek hou mos van brand
1 t tiemie
1 t origanum
1 t fyn komyn
2 t sout
Meng saam en voeg 1 t rys meel by om klonte te voorkom.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020 deur Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 150 ml