Dit is ‘n redelike soet beskuit en bevat geen karringmelk. ‘n Kombinasie van sjokolade bruintjie en biscotti in een. My gesin geniet hierdie heerlike vingers met ‘n beker Warm melksjokolade uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek. Geniet.

Nota: die beslag is nie soos ‘n karringmelk beskuit nie, maar baie meer nat. Gebruik ‘n deegskraper om die deeg in die pan te druk. Moenie hierdie resep verdubbel nie!

Wenk 1: Redvelvet kinkel voeg Moirs crimson red kleursel by 15ml.
Wenk 2: Romany cream beskuit: voeg ‘n halwe koppie klapper by die beslag, geen aanpassings nodig.

Black forest Twist: boeg 1k gedroogde kersies by.

420 g (3 k) koekmeel, gesif
60 g (1/2 k)kakao, gesif, klonte verwyder
10 ml (2 t) bakpoeier
½ t sout
230 g (1 k) botter, sag en by kamertemperatuur
350 g (1 ¾ k) strooisuiker
4 large eiers
10 ml vanielje geursel
1 k sjokolade nibs of chips

Berei ‘n Swissrol pan voor met ‘n silikoon vel of pansmeer. Voorverhit oond na 180 C.

Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam. Roer die sjokolade splinters by.

Verroom die botter in ‘n mengbak tot lig en donsig vir 2 minute. Voeg die suiker by en klits vir nog 5 minute tot lig en donsig. Voeg die iers een vir eeen by en klits vir 1 minuut voordat die volgende eier bygevoeg word. Skraap gereeld die kante van die bak af. Laaste klits die vanielje by.

Skep die meel by die eiermengsel en meng met ‘n deegskraper totdat die deeg bymekaar kom. Druk dan in die gesmeerde pan met ‘n deegskraper en moenie vooraf in vingers sny, die mengsel is te pap. Bak die deeg vir 30 minute tot gaar. Laat goed afkoel in pan en weer in vingers en droog oornag in ‘n koel oond van 95 tot 100C vir 5 ure.

Bron: Annelien Pienaar, 2020 www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 50 vingers.