Dekandente, kondensmelk gegeurde wit sjokolade bruintjies (wit brownies) gevul met pekans en milkybar sjokolade splinters. Geen menger in die hele proses nodig en met min moeite maak jy in ‘n kits hierdie vinger happies.
170 g egte botter
100 g treacle suiker
100g witsuiker
100 g kondensmelk
4 groot eiers, kamertemperatuur
1/2 t vanielje geursel
250 g koekmeel
¼ t sout
1/4 t bakpoeier
100 g wit sjokolade splinters of nibs
100 g pekan stukkies
Voor verhit oond na 180 C. Jy benodig 23 cm x 33 cm fudge pannetjie. Voer dit uit met bakpapier en smeer die bakpapier goed met pansmeer. Hou eenkant.
Smelt die botter en suikers saam, maar moenie kook in die mikrogolfoond. Roer die kondensmelk by en los eenkant om verder te verkoel.
Klits met ‘n vurk die eiers met vanielje ekstrak saam tot goed gemeng.
Sif die koekmeel en sout saam en meng goed deur en dan laaste die sjokolade splinters en pekan stukkies.
Voeg van die gesmelte botter mengsel by die meel asook die eiers. Meng met ‘n draadklitser tot gald en giet in voorbereide pan.
Bak vir 30 minute tot ligbruin bo-op. Laat die blondies goed afkoel voordat dit gesny word. Sprinkel met versiersuiker en verpak.
Rak lewe is 14 dae of bevries.
Bron: www.annelienpienaar.co.za opgestel deur Annelien Pienaar, 2010
Hoeveelheid: 30 blokkies ongeveer