Die dadels in hierdie resep saam met die bruinsuiker lewer ‘n donker karamelagtige beskuit met ‘n heerlike tekstuur.
Ek gebruik as ’n reël nie meer Bruismeel nie, omdat die winkels in ons area se mense nie bak, dan kry ek altyd ‘’n pak wat se oemf uit is. Dus vervang ek bruismeel soos volg: 1kg koekmeel + 4 t bakpoeier + 1 t koeksoda = sif drie keer goed saam en daar gaan jy! Hierdie is net ‘n lekker wenk om julle te help met ander beskuite of roerbroodjies. Vir vandag gaan ons self meng.
400 g (2 k) Treacle sugar
500 g (2 k) hoogvol Rama of Storke bake
500 ml (2 k) Amasi
150 g (1 k) fyn gekapte dadels
3 groot eiers geklits (opsioneel)
1 kg (7 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) kaneel
300 g Meusli
50 g semels
100 g (1 k) pekans (opsioneel)
80 g (1 k) fyn klapper
Smelt die botter, bruinsuiker en dadels saam in mikrogolf oond. Roer die koeksoda by en roer die mengsel totdat die dadels sag is. Laat afkoel na kamertemperatuur. Voeg dan geklitste eiers en Amasi by.
Sif koekmeel, bakpoeier, sout en kaneel saam, saam drie keer. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur.
Voeg die gesmelte botter mengsel by die droë bestanddele en werk versigtig om nie die mengsel te oorwerk nie. Dit veroorsaak dat jy ‘’n harde beskuit kry. So, meng net totdat die droë dele nat is.
Druk in 35 cm x 45 cm pan en sny vooraf in vingers. Bak vir 40 min by 180 ℃. Laat goed afkoel voordat die vingers deurgesny word. Droog by 110 ℃ vir 3-5 ure.
Laat beskuit goed afkoel voordat dit in lugdigte houers gestoor word.
Hoeveelheid: 70 vingers ongeveer.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020
Wat my oog gevang het op hierdie beskuit is die dadels en die GI waarde van dadels. Met die oog op diabetes miletus II: Die treacle suiker is vir my te veel, veral omdat die muesli waarskynlik gaan suiker inhê as ek bv Woolworths se gerolde oats koop wat klaar versoet is. Nou het ek gedink om 200 gr heuning te gebruik en dan die ander 200gr met dadels op te maak wat ek in die amasi en eier verpulp. Gaan dit nie genoeg soetigheid verskaf nie. Of moet ek die heuning nog minder maak. 200 gr klink skielik ook baie. En ek aan botter gebruik.
My beskuit is op en ek het ‘n kilo se droeë dadels….
Groete
Gerrie
Hallo Gerrie,
Jy kan met http://www.silan.co.za in kontak kom wat dadels en dadelstroop as alternatiewe versoeter verkoop. Ek het in my KLIC leefstyl program ‘n beskuit resep wat suiker vry is maar geen vrugte as versoeters gebruik. Die Makro nutriente is uit gewerk om juis mense soos julle met suiker verwante probleme te help. Ek sal in die loop van volgende week die resep onder my subskripsie kanaal beskikbaar stel.
Groete
Annelien