Dit gebeur met almal van ons in die middel van die nag wat jy die yskas deur oop maak en die soetgogga byt. Hierdie min-moeite kaaskoek is binne ‘n kits gereed en baie eenvoudig.

1 pakkie tennis beskuitjies
250 g roomkaas
250 ml grinadilla moes
1 blikkie kondensmelk
1 e gelatien in 50 ml kook water op gelos
250 ml room
knippie sout

Berei ‘n tertbak van ongeveer 20 cm x 20 cm voor. Pak die basis uit met die Tennis beskuitjies. Spuit die tennis beskuitjies met ‘n fyn sproei water nat. Dit sal help om die koekies gou sag te kry. Net nie te veel water, net so 5 drukkies.

Los die gelatien op in kook water. Indien die gelatien soos korreltjies lyk verhit vir 5 sekondes en niks langer in die mikrogof en roer deur tot dat die mengsel soos stroop lyk. Gelatien mag nie kook nie. Meng die gesmelte gelatien by die kondensmelk en roer goed deur.

Meng dan die roomkaas, helfte van die grinadilla moes, gesmelte gelatien en kondensmelk en sout saam. Klits die room styf en vou by die beslag in. Skep in bak en verkoel vir 2 ure in die vrieskas. Giet die laaste van die grinadilla moes oor die kaaskoek en plaas in yskas om verder te stol.

Bron: www.annelienpienaar.co.za, 2020, deur Annelien Pienaar

Hoeveelheid: 8 porsies