‘n Heerlike souserige, soet en romerige bederf. Die resep kan in kolwyntjie pannetjies gebak word vir individuele porsies.

Koekbasis
1 1/2 k dadels gekap
5 ml koeksoda
1 1/4 k kookwater

Voor verhit oond na 180 C en smeer 2 x 20 cm x 20 cm tert bak.

Giet die kookwater oor die dadels en koeksoda en laat staan om sag te word en af te koel.

2 eiers
1 k witsuiker
3 e hoog vol botter
2 k koekmeel, liggies in geskep en gelyk gemaak
5 ml bakpoeier
knippie sout
1 t vanielje

Room die eiers en suiker tot baie lig en donsig vir 5 minute. Voeg die botter en vanielje by en klits weer goed deur.

Sif die koekmeel, bakpoeier, sout saam en voeg by die eiermengsel. Voeg die dadels by en meng deeglik.

Skep in voorbereide tertbak en bak vir 30 minute totdat die middel geset het. Tussen deur terwyl die tert bak maak die stroop en hou dit warm. Die stroop moet warm oor ‘n warm koek gegiet word.

Stroop
1 k witsuiker
1 k water
2 e botter
2 t rum geusel

Kook al die bestanddele saam en hou warm. Sodra die koek uit die oond kom giet die warm sous oor die warm koek.

Laat die koek goed afkoel, verkoel vir 2 ure en vul met room

Chantilly room
1 k room
3 e versiersuiker
1 t vanielje geursel

Klop die bestanddele saam tot dik en romering en spuit of smeer oor die koek. Sprinkel met gekapte neute.

VAriasie: 1 k gekapte pekans in die beslag.

Bron: Annelien Pienaar: www.annelienpienaar.co.za, 2020
Hoeveeleheid: lewer twee 20 x 20 cm terte