Wat is die verskil tussen ‘n Creme brulee en ‘n creme caramel? Die hoeveelheid room en melk is die verskil. Creme Brulee betaan net uit die gebruik van room as vloeistof en Creme caramel volroom melk. Creme brulee se soetheid word aangevul met ‘n korsie bo-op die dekadente sagte gebakte vla en word in die houertjie bedien waar ‘n creme caramel weer ‘n eie sous vorm en ontvorm word in ‘n mooi poeding bakkie. Beide is dekadent, fluweelsag met die soetheid van karamel wat deur kom.

Een woord van waarskuwing is: die smelt van suiker moet baie versigtig gedoen word want as die karamel oor verhit word, word dit bitter. Die res van die prosesse is uiters maklik. Kom ons begin.

500 ml Dikroom (double thick, kyk by Woollies)
5 – 6 Eiergele – groot
30 ml Strooisuiker
5 ml Vanielje geursel

1. Voeg al die bestanddele saam en klop deeglik met ‘n draad klitser.

2. Giet die beslag deur ‘n sif vir 3 x sodoende die stukke te verwyder van die eier. Dit sal verseker die brulee kom fluweelagtig uit.

3. Giet die mengsel in rammekin bakkies en plaas dit in ‘n oondpan. Vul die oondpan dan met kookwater tot die bakkies se halflyn merk. Plaas in oond en bak by 150 ˚C totdat dit gestol is ongeveer 25-30 min.

4. Sprinkel suiker oor die brulee en plaas terug onder die grill van die oond en laat dit karameliseer of gebruik ‘n vlam om die werkie in ‘n japtrap te doen.

HOEVEELHEID: 6 porsies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2016