‘n Vinnige en heerlike Keto en Low carb koekie as die knaag gogga byt. Bedien saam met Ouma Hantie se Knoffel roomsous uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek, kan dit nie anders as ‘n wenner te word in jou huis.
200 g fyn gerasperde mozzarella
75 g klapper meel
2 e psyllium husks
1 eier
50 ml kook water
¼ t knoffel poeier / uie poeier
¼ t paprika
Meng die kaas, klapper meel, psyllium husks, geurmiddels saam.
Roer die eier by hierdie mengsel en laaste die kookwater.
Druk 2 eetlepels vulsel in vooraf gesmeerde kolwyntjie pannetjies.
Bak vir 20 minute by 180 C of tot goud bruin en bros.
Stoor in lugdigte houer, nie nodig vir yskas.
Hoeveelheid: 24
Bron: www.annelienpienaar.co.za