‘n Heerlike broodjie wat soos ‘n volgraan broodjie voorkom maar nie is. Jy kan die broodjie met amandel meel of pekan meel maak. Vir hierdie foto het ek pekans gebruik en ek hou van die ekstra neute smaak. Die totale koolhidrate is 2 g per bolletjie. Die resep lewer 8 bolletjies of rolletjies.

1 1/4 k (150 g) pekan meel
4 e (60 ml) psyllium husks
1/2 t (2.5 ml) sout
2 t (10 ml) bakpoeier
1 e (15 ml) appel asyn rou
3 eierwitte large (die eiergele kan gevries word of mayo van gemaak word)
1 k kook water

Meng al die droë bestanddele saam en roer goed deur. Meng die eier wit by die droë bestanddele. Moenie kommer dit is ‘n dik massa,

Giet die kook water oor en begin met ‘n houtlepel roer. Eers sal dit ‘n los loperige massa wees. Moenie kommer want die psyllium husks word nou geaktiveer en na 2 minute se roer word dit een massa en sit uit.

Rus vir 2 minute en deel die deeg in 8 dele. Vorm met nat hande in bolletjies en sprinkel met sesam sade. Of plaas die deeg in ‘n spuit sak en spuit 8 ewe lank wors rolle. Smeer met water en sprinkel met sesam sade.

Moet nooit ‘n “loaf” van hierdie deeg bak nie, dit sal in mekaar tuimel. Dit kort paar ander swaargewig bestanddele.

Bak vir 40 minute by 180 C.