Persoonlik is ʼn tuis gemaakte pasteideeg by verreweg die lekkerste iets waarmee ek myself en my gesin bederf. Soda water kors is baie bekend onder die Suid-Afrikaanse tuis kokke en verseker sal dit voort leef in baie gesinne se resep arsenale.

250 g koue botter of bakkers margarien met ʼn 80% vetinhoud
280 g koekmeel
5 ml kremetart
2.5 ml sout
15 ml suurlemoensap of appel asyn
150 g soda water (ja jy lees reg…. gram)
1 ekstra groot eiergeel

Glanslaag:
1 ekstra groot eierwit
4 e melk

Sif die koekmeel, kremetart en sout saam. Rasper met die growwe kant van die rasper die botter en meng met liggies met jou vingerpunte in die meel. Moenie in vryf, net liggies meng sodat die botter dele met die meel bedek is en nog sigbaar is. Dit is die kritieke deel van hierdie resep.

Meng die soda water, suurlemoensap en eiergeel saam. Voeg by die meel mengsel en druk liggies aan mekaar. Rol die deeg uit en vou in derdes oor mekaar en rol weer uit en herhaal hierdie proses nog 3 keer.

Vou die deeg mooi toe binne kleef plastiek en verkoel op ʼn koue bakplaat in die yskas vir 60 minute voordat dit weer 2 keer gerol word met die derde vou aksie. Verkoel 10 minute en rol 5 mm dik uit en gebruik vir soet en sout gebak.

Wenk: Hierdie deeg vries perfek rou. Maak gerus ʼn groot voorraad om aan te hou.

Vries die eierwit met melk om later vir die glanslaag te gebruik.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2019

Hoeveelheid: 600g deeg