My dood is ʼn heerlike Dadelbroodjie maar die kinkel in hierdie resep is my spesery mengsel wat ek self maak. Ek het my ma se Speculaas kruiden resep geneem en deel van hierdie resep gemaak en vandag is dit tradisie in my huis om dit so te maak. My gesin sal gou agter kom as ek uit voorraad is.

250 g dadels, baie fyn gesny
5 ml koeksoda
250 ml kookwater, direk uit ketel

Plaas die dadels in ʼn glas (nie metaal bak) en sprinkel die koeksoda oor. Onthou om altyd koeksoda eers in die palm van jou hand te plaas en die klontjies uit te vryf anders sal dit in die gebak soos klein bondeltjies seep proe omdat dit nie opgelos het.

125 g botter of bakkers margarien met ʼn 80% vet persentasie
2 ekstra groot eiers
3 e heuning of maple stroop
150g (3/4) wit suiker
10 ml rum geursel of vanielje geursel
280 g koekmeel
15 ml bakpoeier
2.5 ml Spekulaas kruie
2.5 ml sout
100 g pekanneute gekap

Berei ʼn broodpannetjie van 10 cm by 20 cm voor met Pan smeer p. 12. Boerekos met ‘n Twist kookboek. Voorverhit die oond na 180℃.

Sodra die dadel mengsel lou warm is roer die margarien by tot opgelos.

Klits die eier, stroop/heuning en geursel met witsuiker vir 5 minute. Roer dan by die dadel mengsel.

Meng al die droë bestanddele saam en voeg by die dadelmengsel en roer goed deur. Voeg laaste die neute by.

Skep die beslag in die voorbereide broodpannetjie en bak vir 60 minute totdat die broodjie los raak van die kante en toets pen kom droog uit.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2019