Vinnige en maklike uie smoor vir menige gebruike. Ek gebruik gereeld hierdie resep by hamburgers, boereworsrolle, pap en sous…asook in slaaie vir die ekstra soet suur. Die klapper suiker kan vervang word met bruin of wit suiker. Hierdie resep het ‘n rak lewe van 14 dae.

4 rooi uie in ringe gesny
125 ml coconut sugar (natures choice)
1 t sout
1/4 t allspice
1 k rooi wyn asyn
1 k appel asyn

Verhit asyn, coconut suiker, sout en allspice saam en kook vir 2 min by matige hitte. Giet die kooksel oor die gesnyde uie en laat staan vir 12 ure by kamer temperatuur bedek. Skep in skoon glas flessies en hou in die yskas.

Bedien warm of koud, gedreineer

Bron: Annelien Pienaar, 2019
4 bottels van 375 ml