Seisoenskos: Resepte vir die hele jaar!

Seisoenskos: Resepte vir die hele jaar!

Die mooiste kookboek vir die 2018 boeke jaar! Platteland tydskrif se eerste kookboek is nou op die rakke: SeisoenskosResepte vir die hele jaar.

Ek kan persoonlik nie dink aan ‘n beter geskenk hierdie jaar vir Kersfees as Seisoenskos. Puik resepte, prakties, gepak met geur en kleur. Die kombinasies van resepte perfek om enige leser te motiveer om na aksie oor te gaan. Johan van Zyl en Peter van Noord, is die baas breine agter Platteland tydskrif en saam Aletta Lintveld het hulle hierdie ongelooflike boek lewe gegee.

Ek het dadelik verlief geraak op die Peperment Crisp-pavlova en hierdie nagereg gaan verseker op my Kerstafel en ander feestlike tafels pryk. Groot dank aan Platteland Tyskrif dat ek hierdie resep met die lesers mag deel. Nog ‘n verdere dankie vir die afgelope 3 jaar se Lesers kook klasse saam met Platteland tydskrif. Saam kook ons SA aan die brand! Mag Seisoenskos van krag tot krag gaan.

Peppermint Crips-pavlova
Jy benodig vir die Pavlova:

6 groot eiers teen kamertemperatuur
1 1/2 k (375 ml) strooisuiker
1 e (15 ml) mielieblom
1 1/2 t (7.5 ml) witwyn asyn

Vir die vulsel benodig jy:
2 k yskoue vars room
1 blikkie karamel kondensmelk
400 g pepperment crisp sjokolade stafies
1/4 k droë klapper
‘n hand vol ment blare vir garnering

So maak jy:
Voorverhit die oond tot 150 C. Voer ‘n bakplaat uit met bakpapier.

Sorg dat jou mengbak silwerskoon en sonder enige vetterigheid is. Skei die eiers en gooi die wit in die mengbak. (Maak mayonnaise met die eiergeel).

Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm. Hou aan met klits en voeg die suiker eetlepel vir eetlepel by- tel telkens tot by 3 voordat jy die volgende eetlepel suiker byvoeg. Sodra al die suiker bygevoeg is, hou aan met klits todat die suiker heeltemal opgelos het en die mengsel dik en blink is. Meng die mielieblom en witwyn asyn by die meringue mengsel.

Krap die mengsel in die middel van die uit gevoerde bakplaat. Werk vinnig en vorm ‘n sirkel van ongeveer 20 cm. Gebruik die agterkant van ‘n lepel en maak ‘n effense holte in die middel van die meringue. Sit die meringue dadelik in die oond en draai die temperatuur af na 120C en bak dit vir 1 uur. Na ‘n uur sit die oond af en laat die pavlova daarin afkoel vir ‘n verdere uur. Hou die oond deur toe en weerstaan dit om die deur oop te maak. Bewaar die pavlova in ‘n lugdigte houer indien dit nie dadelik gebruik word vir 3 ure.

Maak die vulsel:
Klits die room styf. Klits die karamal apart tot glad. Maak die pepperment crisp fyn en vou die helfte daarvan saam met die karamel in die room in. Plaas hierdie mengsel oornag in die yskas.

Volgende dag voor bediening: rooster die klapper en laat afkoel. Skep die vulsel op die pavlova, sprinkel geroosterde klapper en res van sjokolade met ment blare oor. Bedien dadelik.

Porsies: 6
Boek kan aangeskaf word by: Loot

 

 

 

2018-11-25T21:31:07+00:002 Comments

2 Comments

  1. bookings December 7, 2018 at 7:35 pm - Reply

    Hi Annelien, ek het die boek ‘Seisoen kos’ aangekoop maar moet eerlik se ek is eintlik teleurgesteld want dis sulke eksotiese resepte en nie bruikbaar soos joune nie.

    • Annelien December 9, 2018 at 9:53 pm - Reply

      Hallo, jammer jy voel so oor die boek. Ek vind Seisoenskos opwindend en kry weer my kreatiewe blok aan die gang. Probeer gerus paar resepte jy gaan dalk heerlik verras word. Onthou hierdie boek is resepte van die tydskrif. Dit is nie opvoedkundig geskryf soos BKT. Die mark wat ons beide bedien is verskillende behoeftes by ons lesers. So jy kan nie die twee boeke vergelyk nie. Baie dankie dat jy tog die skrywer ondersteun het. Mag jy met beide boeke wat met passie en toewyding geskryf is sommer baie geniet. Groete Annelien Pienaar

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.