Wat sê die reg oor egte Botter!

Wat sê die reg oor egte Botter!

Hierdie is vir my seker een van die belangrikste punte in Suid-Afrika wat soms oor die hoof gesien word van weë die onkunde van die publiek, of so dink die produsente. Wat sê die reg oor die term Botter wat op ‘n pakkie gelys word? Suiwer botter word gemaak van room wat gekarring word totdat die wei skei en die vet dele aan mekaar vasklou en een massa vorm. Daarna word die botter gewas om die ekstra wei uit te kry, gesout en dan gepars in ‘n vorm. Die wet sê daar mag GEEN byvoegings gemaak word tot botter nie…maar GEEN!

Volg asb hierdie skakel om die Dairy Legislation(p.21) van naderby te beskou. Ek gaan dit wel vir jou in ‘n neutedop verduidelik want die terme van die wet kan nogal die kop effe laat draai. Nog ‘n skakel is: Standard Dairy Legislation

Botter word wel in SA as Butro verkoop en is botter met ‘n vermening van ander bestanddele en moet dus gelys word op die bestanddele lys agter op die produk se verpakking. Hierdie klas van botters word dus “Modified” botter genoem.

Departement Landbou is die outoriteit om bedenklike produkte van rakke te laat verwyder, as dit nie aan die bo-genoemde spesefiekasies voldoen. Nou die probleem kom daarby in dat die produsente van botter groot kanse neem. Hul weet dat die produk 30 dae neem om van die rak verwyder te word, of voordat iemand snuf in die neus kry. Hul gebruik dus hierdie venster periode om hul produk teen spot goedkoop te verkoop teen maksimum en volumes verkope. Sodra hul uit gevang word en ‘n raps oor die vingers kry…wel dan wag hul en kom dan weer met ander planne. Ek moet vir julle sê dat ek dadelik reaksie van departement Landbou gekry het toe ek laboratorium verslae, bewyse van die produk ettiket en logo gestuur het. Hulle volg dadelik op. Moet asb nie vir my vra om name bekend te maak van die verdagte botter(s). Loer maar op plekke soos Hallo Peter… Daar is botter wat verkoop word sonder enige lys van bestanddele…en proe en voel nie soos botter. Dit is waar ek toe onraad vermoed het omdat hierdie plat plakkie botter so sag is, amper loperig by gewone kamertemperatuur. Een pakkie het geproe of dit een of ander vorm van stysel bevat. My eie ondersoek geloods en vanaf ‘n laboratorium verslag kon oordeel wat die feite is, dit het my geld gekos, maar nou weet ek . Wel, een groot kettingwinkel groep is in die sop! Wees ingelig mense.

Dus, weet wat die reg sê en deel hierdie artikel met almal wat oor jou pad kom.

Bottervormpies: Bestel hier

 

2018-11-09T21:32:06+00:002 Comments

2 Comments

  1. Tinus November 10, 2018 at 2:10 pm - Reply

    Ek het die ander dag botter gekoop en dit het begin proe of daar thinners of naal lak verwyderaar in is. Ek het dit net weg gegooi. Ek moes seker die naam neer skryf. Maar so ver ek kan onthou was dit ‘n “no name” brand maak van een of ander ketting winkel.
    Ek het ook long life melk al gekry wat nie eens suur word nie dit raak so bitter gal sal skaam kry… Nooit ooit al dit beleef nie en ek drink al 42 jaar melk produkte.
    Ek kan nie dink watse gif hulle mense voer, wat nie op die inhouds lys verskyn nie.

    • Annelien November 11, 2018 at 10:33 pm - Reply

      Hallo Tinus, dit is die ding waaroor ek baie praat in my Suiwel klasse…die prosessering van melk en melk produkte. Dit is kommer wekkend hoe mense nie gaan verder krap oor goed soos allergie. As jy na die prosesse kyk waardeur melk gaan en hoe die melksuiker, proteine en vette verander word…die mens se liggaam is so gemaak om rou produkte te kan verteer nie geprosesseerde goed. Die liggaam het sekere ensieme wat die werk moet doen en nou doen die prosesse dit en dan begin goed soos allergiese reaksies oor goed wat in die liggaam in gaan wat nie herken word…en so begin die bosekringloop. Ek kry mense jammer wat nie die voorreg het sooos ek om op die platteland te woon met toegang tot vars produkte elke dag. My kinders is baie gesonder as ander kinders…omdat ons probeer om 90% van die tyd rou en onverwerk probeer leef. Ons is die proef konyne van die chemiese revolusie wat in die kosindustrie plaasvind en ons betaal die industrie baie geld om ons siek te maak. Dankie vir jou brief en ek kan sien jy dink oor wat jy eet. BKT groete Annelien

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.