Hierdie is een van die maklikste resepte wat selfs my Filistyne aanpak. Die Roosterkoek resep is die perfekte resep om saam te neem op kamp en aan te pak saam met jou gesin. Die kinkel kom in die verdeling en knope in die deeg. Daarna is dit die knoffelsousie wat die maak of breek van hierdie heerlike resep uitmaak. Kom ons begin.

Verdubbel die Roosterkoek resep

Bedruip sous
125 ml room *cream
50 ml olyf olie *olive oil
30 ml vars knoffel fyn gedruik *fresh garlic mashed
30 ml vars roosmaryn, gekap * fresh rosemary chopped
salt ‘n pepper to taste
125 ml parmesan kaas * parmesan cheese

Preheat oven to 180 C and grease a baking sheet of 30 cm x 20 cm x 5 cm high.

Volg die instruksies vir die Roosterkoek resep. Sodra die eerste rys proses voltooi is, verdeel die deeg in 12 stukke van ongeveer 150g elk. Rol die deeg eers stywe balletjies en pak in ‘n ry. Begin met bolletjie nommer 1 en rol in ‘n 30 cm lang tou en knoop. Plaas in voorbereide bakplaat. Voltooi die res van die deeg. Laat die deeg weer 30 min rus, bedek, voor jy bak.

Bak die broodjies vir 60 minute en sodra die brood uit die oond kom maak die bedruip sous aan. Verhit room net tot onder kookpunt met al die bestanddele behalwe die kaas. Sodra die room verhit is, giet oor die brood bolletjies en rond af met parmassaan kaas. Bedien lou saam met braaivleis, piekniek kos…vul die broodjies met avokadopeer en slaai. Die idees is eindeloos. Geniet

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 12 groot bolletjies.