Hierdie is ‘n heerlike vingerhappie en twee is genoeg om ‘n soet tand gou tevrede te stel. Die Ladies Navel is amper soos ons koeksister, maar met ‘n meer klewerige binne kant en bros buite laag. Ek het hierdie as kind by my ma geleer eet en sy het dit weer by haar ma geleer maak. Die gemeenskap waar my ma opgegroei het, het baie Moslems gehad en was huisvriende gewees. Dus, hoe die resep by my ma geland het.

Dit is egter ‘n tegniese resep weens die volgende faktore wat ek gaan lys. Die basis vir “Ladies Navels” is ‘n choux deeg. Dit is baie belangrik om die water in die begin stadium nie te laat weg borrel nie…want dan verloor jy te veel vog en die deeg gaan nie mooi rys in die warm olie. Die volgende aspek is meer ‘n feit dat jy moet oefen om die vorming van die mini “doughnuts” gevorm te kry. Maak in die begin stadiums jou hande liggies (nie druppend) nat om te keer dat die sagte deeg aan jou hande vas klou. Ja, dit is ‘n baie sagte deeg en gaan dus vreemd voel en jy gaan dink die resep is nie reg…glo my..dit is. Neem jou tyd en lees asb die resep paar keer deur om te visualiseer hoe die vorming van die deeg gedoen word.

Stroop / Stroop
450 g wit suiker * white sugar
225 g / ml water
1 suurlemoen se sap (50 ml) * juice of 1 lemon (50 ml)
2.5 ml kremetart *crème of tartar

Plaas water, suiker, suurlemoensap en kremetart in ‘n 2 liter kastrol. Oor matige hitte roer en was die kante van die kastrol af of plaas deksel op sodat die stoom outomaties die kante kan afwas (shhh moenie sê ek het jul leer kroek). *Place water, sugar, lemon juice and crème of tartar in a 2 liter pot. Stir the mixture over moderate heat and clean the sides of the pot to remove extra sugar crystals. Or put the lid on to steam the inside.

Sodra die suiker opgelos het, kook die stroop oor stadige hitte met ‘n ligte borrel. As ek energie aanduiding kan gee: kwart van die energie bron se krag, ongeag gas, elektries of induksie. Kook die stroop onbedek vir 10 minute en laat goed afkoel en verkoel dan oornag in die yskas. *As soon as the sugar has dissolved, boil the syrup at moderate heat. Use a quarter of the energy output of the appliance. Boil for 10 minutes uncovered. Let cool completely before refrigerating over night.

Deeg / Dough
250 g / ml water
50 g botter * butter
Knippie sout * pinch of salt
175 g koekmeel * cake flour
50 g semolina / polenta / super fyn mieliemeel * semolina / polenta / fine maize
1 groot eier (nie XL of Jumbo) * large egg (not XL or Jumbo)
750 ml sonneblom olie * sunflower oil

Hierdie deeg is soos die bereiding vir choux (poffertjie) deeg. *This dough is prepared just like pate a choux.

Sny die botter in klein stukkies en plaas saam met sout en water in ‘n 2 liter kastrol. Verhit die water net tot kookpunt en roer effe sodat die botter kan smelt. Sodra die botter gesmelt is, voeg die koekmeel en semolina by en roer totdat die deeg een bal vorm. *Cut the butter into small cubes and put into a 2 liter pot with the water and salt. Heat the water to a simmer and as soon as the butter is melted, remove pot from heat and stir in the flour. Keep stirring until a soft ball has formed.

Plaas die deeg eenkant en laat goed afkoel voordat die eier in gemeng word. Gebruik ‘n houtlepel op die eier in te klop. *Let the dough cool down and add the egg and beat with a wooden spoon into a soft dough.

Maak jou hande nat met bietjie water. Meet 20 ml balletjies af en rol elkeen rond. Hou eenkant. Sodra almal gerol is, verhit olie tot 180C of as jy ‘n stukkie brood in die olie plaas moet dit verbruin binne 60 sekondes. Sodra die olie gereed is, smeer olie aan jou een hand palm. Neem jou wysvinger en hou dit loodreg tot die balletjie in jou palm. Druk en draai met jou vinger in die bolletjie om dit wyer te maak en teen die einde deur die deeg te gaan…amper soos ‘n bagel met ‘n redelike gat in die middel. Plaas in olie een vir een en braai bruin aan beide kante. Skep gaar sirkels in koue stroop en druk dit onder die stroop in om genoeg stroop op te drink. *Dampen your hands with some water. Measure 20 ml balls and roll all of the dough. Set aside. Heat oil to 180C or add a piece of bread to the oil and it should brown in 60 seconds. As soon as the oil is ready place one ball at a time on the palm of your hand. Put some oil on the palm of your hand. With your index finger perpendicular to the palm and the dough, press into the the dough to make a hole. While pressing into the dough…wiggle in circular motion to enlarge the hole and to press through the dough…almost like creating a mini bagel. Add to oil and fry on both sides. Add and keep submerged in syrup.

Alernatiewe vorming / Alternative to shaping the dough
Fit a piping bag with a large round nozzle 2 cm width and pipe small doughnut shapes.

Vulsel / Filling
100 g korrelrige maaskaas * chunky cottage cheese
25 g feta kaas * feta cheese
50 g pimperneute * pistasie neute

Meng al die bestanddele saam en hou van die neuter terug om as garnering te gebruik. *Mix all ingredients togetherFill or keep the cottage cheese mixture aside and decorate with nuts.

The navels do freeze very well.

Bron: Annelien Pienaar, 2018-10-19
Yield: 20-30 balls