As jy op die platteland woon is die kleiner winkeltjies tot dubbel die prys op kondensmelk of soms is daar niks. Ek het noodgedwone geleer om my eie kondensmelk te maak sonder sukkel. In hierdie resep gaan ek vir julle leer om met die mikrogolf en ook stoof kondensmelk te maak. Die raklewe van hierdie produk is baie lank en as jy met gesteriliseerde bottles werk kan die kondensmelk tot 6 maande goed bly op die rak. Jy kan ook karamel maak met hierdie tuisgemaakte kondensmelk deur dit oornag in die glasbottels waarin die ingemaak is in ‘n slowcooker te sit op high, gevul tot half vol met water vir 8 tot 12 ure. Jy sal sommer dadelik sien of die kodensmelk gekarameliseer het en karamel geword het.
Resep
1250g of ml Melk, volroom (ek weeg dit vir akkuraatheid)
2 ml Koeksoda (voorkom sandsuiker)
500 g Wit suiker
50g Botter, ja regte botter en niks anders nie
3 ml Sout
Metode:
1. Verhit al die bestanddele saam oor matige hitte en roer totdat al die suiker opgelos het. Die mengsel mag nie kook voordat die suiker nie opgelos is. Vee die kante van die kastrol met ‘n nat kwassie skoon om die suiker kristalle af te was. Of as jy soos ek lui is, sit die deksel op…maar wees gewaarsku, die mengsel kan oorkook…so staan vas agter die kastrol.
2. Probeer om ‘n kleef vrye kastrol te gebruik of ‘n kastrol wat jy weet nie sal aanbrand nie. Jy kan liggies roer, die bodem van die kastrol mag nie wys nie. Jy moet ongelukkig die mengsel oppas vir oorkook as ook aanbrand. Smeer jou kastrol se bodem met botter voor jy begin.
3. Kook die mengsel op stadige hitte totdat dit verdik het…ongeveer 60-120 minute se kook. Onthou, hoe kleiner die kastrol, hoe langer neem die kleiner oppervlakte om van vog ontslae te raak. Hoe groter die oppervlakte van die kastrol hoe vinniger.
4. Verpak die kondensmelk in warm gesteriliseerde houers vir 6 maande op die rak, wanneer oop gemaak is, stoor in die yskas of eet alles op!
Kook in die Mikrogolf oond: Plaas al die bestanddele in ‘n glasbak (geen plastiek, die kondensmelk word te warm en gaan die bak smelt). Sit in mikrogolfoond en mikro dit vir 5 minute, roer goed deur en draai vir 5 minute op hoog. Stop elke minuut en roer. Hou so aan totdat die mengsel verdik het. Dit gaan vir verskillende mikrogolf sterktes langer of korter neem. Ek het met hierdie resep met ‘n 950 watt masjien gewerk.
Maak van Karamel
Opsie 1: Plaas die glas flesse in ‘n druk koker en kook dan vir 60 minute.
Opsie 2: Plaas kook water in ‘n slowcooker. Vul die bottels tot oor die merkie waar die kondensmelk lê. Skakel op high en kook vir 8 ure.
English Version
Recipe
1250g or ml litres of Full fat Milk
2 ml Bicarbonate of Soda
500g White Sugar
50g Butter, yes real butter
3 ml Salt
Method:
1. Grease the base of the saucepan with oil or butter. Prevent scorching of ingredients
2. Place all ingredients in a sauce pan that will not burn your product. Heat very slowly until all the sugar has dissolved. Brush the sides of the pan with a wet brush to remove all sugar crystals. Or cover with lid to do the same.
3. Boil the mixture without the lid on until the mixture is nice and thick. Remember, the smaller and narrower the pot you work with the longer it takes for the moisture to evaporate. Use a bigger pot to increase the surface for rapid evaporation.
4. Store hot in warm sterilized jars on the self for 6 months. Once opened eat it all!
How to cook in the microwave oven:
Place all ingredients in a microwave safe glass bowl and cook for 5 minutes and stir. Once the sugar has dissolved keep on cooking until thick.
Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 750 ml.
Hi Annelien. Ek gaan beslis volgende week maak. Kan ek rou koeimelk gebruik?
Hallo Magdel, jy kan. Die kleur mag dalk verskil maar die smaak nie.
Hoe sou ‘n mens die selfgemaakte kondensmelk karameliseer?
Plaas jou glas flesse in ‘n slowcooker op high vir 8 ure of langer en voila! Lekker speel. Groete Annelien
As jy karamel kondensmelk maak hou jy die deksels op
Gelukshoop, ja die deksels moet te alle tye met die karameliseer proses dig toe wees. Lekker kook.
Hi Annelien. Moet ek spesifiek die Consol glas bottels met die ringe gebruik om karamel te maak in die druk koker of sal enige glas bottel werk?
Adele, die bottels moet vuurvas wees.