
(www.annelienpienaar.co.za)
Soms is so ‘n gesoute Pekan met ‘n ekstra paar speserye by die perfekte pasmaat vir ‘n peuselhappie in die kosblik of tydens ‘n geselligheid. Graag wil ek ‘n paar wenke met julle deel rakende die stoor van pekans. Pekans hou beter as dit ongedop in die vrieskas gehou word met ‘n leeftyd vir stoor van 3 jaar! Wanneer jy wel neute koop wat reeds gedop is, stoor ook in lugdigte houers in die vrieskas en verkieslik vakuum geseël. Hierdie produk kan enige iets van 12 tot 24 maande in die vrieskas gehou word, gegewe die temperatuur bly konstant.
500 g (5 k) pekan halwes, kamertemperatuur
1 eierwit met 1 e water geklits
3 t gerookte paprika (Cape Herb ‘n Spice)
2 t sout
2 t koljander, gerooster en dan grof gemaal
¼ t neutmuskaat
Macro’s Per 10 g porsie: 67 calories, fat: 7 g, prot: 1g, carbs: 0.4 g
Lewer 50 porsies van 10 g
Vir variasie: 1/4 t knoffelsout kan bygevoeg word
Voorverhit oond na 180 ℃ en berei ‘n bakplaat met ‘n Silikoon bakkersvel voor.
Plaas die pekans en eiermengsel in ‘n diep bak. Skud die bak en meng die neute goed sodat dit bedek word met die eier. Onthou die eier is die kleefmiddel wat die bestanddele rondom die neut laat vasklou.
Sif die res van die bestanddele saam en sprinkel liggies oor die bedekte neute. Skud die bak en roer meng die neute totdat dit egalig met die soutmengsel bedek is.
Skep op bakplaat uit en sprei oop. Bak dan vir 12-15 minute. Keer dadelik uit sodat die bakproses stop en laat goed afkoel.
Stoor in lugdigte houers in die yskas vir 2 maande.
Bron: Annelien Pienaar, vir www.skeerpoortpekans.co.za of epos vir neute bestelling by: skeerpoortpekans@gmail.com
As jy ni die bakkers vel het nie Wat kan dien as plaasvervanger AnneliePienaaar
Hallo tannie Lili, tannie kan dood eenvoudig net bakkerspapier of waspapier gebruik. Groete Annelien