Wanneer gaste aandui dat daar ‘n spesiale dieet is dan is dit tyd om die resepte aan te pas sodat almal heerlik kan kuier. Dit is waaroor gasvryheid vir my gaan…daardie ekstra myl om jou gas se kuier en kos ervaring vir altyd vas te vang in ‘n onvergeetlike tyd. Hierdie is ‘n resep waar jy kan besluit of die tertjie korsloos gaan wees en of dit met ‘n kors gemaak gaan word. Die kors is effens duur weens die feit dat amandel meel gebruik word.
Kors
1/2 k amandel meel
1/2 k gerasperde cheddar kaas
1/2 k rysmeel
Plaas in voedselverwerker en draai die lem totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Druk dan in 2 gesmeerde kolwyntjie pannetjies se basisse vas. Hou eenkant.
Vulsel
1 blikkie tuna, dreineer
150 g ham fyn gesnipper
1 groot ui, fyn gekap
1 e olyfolie of sonneblom olie
1/2 t vars knoffel, fyn
1/2 k room
1/2 k melk
3 eiers
5 e koekmeel of rysmeel
1 k cheddar kaas gerasper
2 e origanum
peper na smaak
Moenie ekstra sout byvoeg nie, want die tuna en kaas is reeds sout genoeg.
Braai die ui liggies in olyfolie tot glansend. Laat afkoel.
Meng die meel, eiers, room saam tot glad. Voeg dan al die bestanddele bymekaar en verdeel in 24 eweredige porsies in die kolwyntjie panne.
Bak by 180 C vir 25-30 minute. Bedien met Ouma Hantie se knoffelroom sous in die Boerekos met ‘n Twist kookboek
Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 24 kolwyntjie grootte happies.
Goeiedag, Annelien,
Kan ek die tert in ‘n tertbak ook bak?
Tyd in oond sleep dan hoelak wees.
Dankie
Hallo, die tyd sal wees 35-45 minute by 180C. Kom spog asb hoor. BKT groete Annelien Pienaar
Baie dankie ek maak so