Feta vs Paneer

Feta vs Paneer

Nou goed, ek buig die knie! Daar was ‘n resep wat die rondte gedoen het wat skynbaar “Feta” genoem was. Wel dit is nie Feta nie! Hoekom nie? Kom ons gaan kyk eers na die proses waar Feta gemaak word. Dan sal julle beter die verskil tussen die Paneer en Feta kan sien. Ek skiet glad nie die resep wat aangestuur is af nie. Ek wil nie h Ek skiet glad nie die resep wat aangestuur is af nie. Ek wil nie hê julle moet die verwagting koester dat dit soos die winkel sin gaan wees nie. Hierdie Paneer het ‘n ander doel en is pap en nie so ferm en “mat” nie soos feta in ‘n soliede blok nie. Dit is amper smeerbaar.

Feta se proses
1. Pasteuriseer rou melk.
2. Inokuleer of suur jou melk aan met ‘n kultuur vir Feta, mesofiel.
3. Byvoeging van Rennet om die melk verder te laat stol.
4. Roer.
5. Inkubasie.
6. Pekeling.

*Opmerking: Punt 2 en 3 by die Feta proses kan nie omseil word nie. As jy kommersiële kaas wil maak dan moet jy kulture en rennet gebruik. Jy gaan nie sonder hierdie die kenmerkende Simonsberg, Spar, Checkers of Pick ‘n Pay teksture kan kry nie. Jy en jou termometer en horlosie gaan onafskeidbaar wees in hierdie proses!

Paneer se Proses/Die resep wat die rondte gedoen het as “Feta”
1. Melk word verhit.
2. Suur soos asyn, suurlemoensap of gewone yoghurt word bygevoeg vir aansuur.
3. Dreineer.
4. Geen pekeling.

Resep vir Paneer
2,4 liter Rou melk of melk wat net gepasteuriseer is en nie UHT ondergaan het
90ml Suurlemoensap, vars of (gee ‘n suurder smaak maar verdik vinniger)
125g Gewone yoghurt (gee ‘n romeriger smaak…en langer neem om te verdik)

Metode:
1. Verhit die melk oor medium hitte en roer aanhoudend sodat die melk nie kan aanbrand nie.
2. Sodra die melk begin kook draai die hitte laer en voeg die suurlemoensap of yoghurt by.
3. Jy behoort na ‘n minuut vlokkies in die melk sien vorm. Dit is die wrongel(soliede stukkies) genoem. Die waterige gedeelte is die wei. As dit nie gebeur nie moet die melk net aanhou verhit word by medium hitte totdat die vlokkies vorm.
4. Sodra die wrongel deeltjies vorm verwyder van die plaat. As jy die melk te lank verhit word die wrongel taai en hard…dit gaan proe soos uitveer wat jy eet!
5. Voer ‘n kolander of sif uit met kaasdoek en gooi die mengsel in sodat die wei kan dreineer.
6. Bind die punte van die kaasdoek saam en druk van die vog uit. Plaas die bondel dan op ‘n skinkbord wat met ‘n vadoek uitgevoer is. Plaas dan ‘n broodplank bo-op die bondel. Dan neem jy ‘n 2liter melk bottel en balanseer dit op die gedoente en laat dit dan so staan vir 4 ure sodat meeste van die vog kan dreineer.

Bron: Annelien Pienaar, 2013
Hoeveelheid: Ongeveer 450g Paneer

As jy wil feta maak…bespreek ‘n klas by my of bestel ‘n feta kit! boerekostwist@gmail.com

2018-01-05T06:46:28+00:006 Comments

6 Comments

  1. ronell January 6, 2018 at 1:34 pm - Reply

    Dankie Annelien vir hierdie insiggewende artikel en dat jy vir Elize onmiddellik gekontak het. Ek kry volgende week die feta kit. Hoop ek gaan regkom. Is baie opgewonde. Lekker naweek
    Groete
    Ronell

    • Annelien January 7, 2018 at 2:50 pm - Reply

      Hallo Ronell, ek help graag en soos jy kan dien…maak ek nie ‘n sent uit die voorraad wat ons gebruik vir die klasse nie. Dit is my passie om mense op die regte koers te kry en dankbaar ek kon ‘n skakel wees. Beste wense en kom wys wat jy maak. BKT groete Annelien

  2. Carolie de Koster January 7, 2018 at 10:02 pm - Reply

    Net om te sien hoe dit werk het ons die Paneer alias Feta gemaak – dit was baie droog en smaakloos en al die heerlike melkgeur was daaruit. Ek het selfs gewonder of die fotos regtig geneem is van die eindproduk? Ek het dit toe gemeng met olywe en olyfolie en Ricotta en toe was dit darem bruikbaar.

    • Annelien January 8, 2018 at 6:34 am - Reply

      Dankie liewe Carolie, dat jy ook as kundige jou mening hier gee. Ek kan nie glo mense versprei sulke resepte nie…dankie dat jy die moeite gedoen het om dit te toets. BKT groete Annelien Pienaar.

  3. Carolie de Koster January 7, 2018 at 10:04 pm - Reply

    Ek sien jy noem, dit smaak soos ‘n uitveer.. ek het gedink dit smaak soos karton!

    • Annelien January 8, 2018 at 6:35 am - Reply

      Ek het so lekker gelag nou…ja, jy is reg, dit is absoluut smaakloos. BKT groete Annelien

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.