Springrolls

Springrolls

Ek is gaande oor enige vorm van gebraaide kool. Hierdie heerlike rolletjies is vinnig om te maak en vries baie goed, haal uit en gebruik soos nodig.

1 pak fillo deeg
500 g kool fyn gesnipper
100 g wortel grof gerasper
5 e botter
5 e appel asyn
1 e bruinsuiker
1 e dill tippies
½ t knoffel, fyn
Sout en peper na smaak
Ekstra botter, gesmelt vir die fillodeeg rolletjies.

Wenk: Gebruik ook die Groente sout in Boerekos met ‘’n Twist kookboek vir ‘’n heerlike geur in die kool.

Braai die kool in ‘n pan met die botter tot amper sag, voeg die wortel by en soteer verder. Voeg die appelasyn en bruinsuiker byna 5 minute en braai tot kool sag en pap gaan. Voeg dan geurmiddels by en laat goed afkoel.

Sny deeg in 15 cm by 15 cm vierkante en smeer met gesmelte botter. Plaas 5 e vulsel 3 cm van die rand van die fillo deeg. Sprei die vulsel 6 cm lank uit en vou dan weerskante die kante in en rol dan op. Plaas op waspapier indien jy gaan vries.

Gaarmaak: Vlak vet braai tot goudbruin.
Oond bak: 20-25 minute in voorverhitte oond 180 ℃, bevrore.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 20-30 rolletjies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-11-03T12:51:24+00:00 0 Comments

Leave A Comment