Papawer en Meusli beskuit

Papawer en Meusli beskuit

Hierdie beskuit is bros en lig, vullend en gesond. Bestanddele is bekostigbaar en die opbrengs is baie.

500 g botter of bakkers margarien
400 g sagte bruinsuiker
1 Eier geklits
500 ml Karringmelk
1 kg Koekmeel
20 ml Bakpoeier
5 mℓ Koeksoda
5 ml Sout
200 g Meusli
75 g Semels
100 g papawersaad
50 g klapper

Smelt die botter en sagte bruinsuiker saam en laat dan afkoel tot lou warm. Klits die eier met die karringmelk en roer by die margarien mengsel. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die res van die droeë bestanddele by en meng goed deur.

Voeg nou by die droë bestanddele die karringmelk mengsel en roer totdat al die bestanddele goed gemeng is. Moenie te veel meng nie, jy wil nie gluten ontwikkel nie. As jy te veel meng gaan jou beskuit sy krummelrige tekstuur verloor. As daar nog wit dele sigbaar is, nie te kommer…dit moet so wees

Porsioneer die deeg in 80 g balletjies en pak liggies in gesmeerde brood of oondpanne. Bak die beskuit by 180C vir 30 minute. Half pad met baktyd draai die panne om sodat dit eweredig bruin kan bak. Laat goed afkoel en sny die vinger binne in die pan. Keer uit. Voer jou oond aan die onderkant met foelie uit. Pak dan die beskuit op die draad rakke van die oond uit en droog by 100℃ vir ongeveer 3-5 ure afhangende van die area waar jy woon. Onthou om die oond deur op ‘n skrefie oop te hou sodat die vog kan ontsnap. Laat vingers goed afkoel voordat jy verpak.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2016
Hoeveelheid: 66-70 vingers

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-05T20:39:10+00:00 0 Comments

Leave A Comment