Pynappel en Malvalekker tert

Pynappel en Malvalekker tert

My Ma kon darem die lekkerste terte maak. Alles het so moeiteloos gelyk en gevoel of dit in ‘n japtrap gemaak is. Ons het op die plaas groot geword en room was altyd vryelik beskikbaar. My Ma het self dit gepasteuriseer om langer te kon hou en dan kan sy elke naweek vir ons ietsie lekker maak.

Om malvalekkers op te sny is nie vir sissies nie. Ek het soveel rate al gekry so ek noem maar op en kyk watter een werk vir jou. Spuit die skêr met kleefwerende kos sproei. Plaas die malva lekkers in die yskas om hard te word en sny dan. Doop die skêr in kook water, vee droog en sny. Ek doen niks van die bo genoemde dinge nie, ek koop die kleintjies vir koffie maak!

Krummel kors
200 g tennis beskuitjies
4 e botter of bakkers margarien, gesmelt

Meng bestanddele van kors saam en druk in tertbak van ongeveer 30cm indien sirkel of 19 cm x 25 cm.

Vulsel
1 x 397 g blik kondensmelk
250 ml room
200 g roomkaas
750 g malvalekkers – fyn gesnipper
100 g glanskersies – gesnipper
150 ml suurlemoensap, vars verkieslik
1 x 410 g pynappelstukke, vog dreineer en word nie gebruik
4 e Cremora met 150 ml Kookwater aangemaak, opsioneel
Klapper vir versiering – opsioneel

Maak die Creamora aan met die kookwater en laat staan om af te koel.

Meng die kondensmelk, roomkaas en suurlemoensap saam.

Voeg die malvalekkers, kersies en pynappel by asook die afgekoelde creamora

Klits die room tot styf en vou in by die malvalekker mengsel.

Skep die mengsel in koekie krummel voorbereide kors.

Laat stol in die yskas vir 6 ure or langer.

Bron: Annelien Pienaar, 2015, kinder kook klas
Hoeveelheid: 8 porsies

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-07-13T07:20:00+00:00 1 Comment

One Comment

  1. Lien Pieterse August 30, 2017 at 6:02 am - Reply

    Lekkerste tert maar lekker duur ook!

Leave A Comment