
Die klapper se tekstuur word glad nie geproe nie waarvan die geur van groosterde klapper sagkens deur kom. Dit is ‘n ekonomiese resep wat enige begroting pas en kan maklik aangepas word soos byvoorbeeld om die klapper uit te laat en dan met 3e anys saad te vervang.
1.5 kg (10 ½ k) koekmeel
5 ml (1 t) sout
10 ml kremetart
30 ml (2 e) bakpoeier
10 ml (2 t) koeksoda
500 g (2 k) botter of bakkers margarien
400 g (2 k) witsuiker
1 k klapper
500 ml (2 k) amasi
2 eiers, geklits
Voorverhit oond na 180 ℃ en berei een oondpan voor.
Sif al die droë bestanddele saam behalwe die suiker en klapper. Roer die klapper by gesifte meel.
Smelt die botter en suiker saam, laat afkoel tot kamertemperatuur en voeg die eier en karringmelk by.
Meng die nat en droë bestanddele saam, moenie knie nie, druk net aan mekaar.
Spuit ‘n oondpan met kleefwerende sproei en deel die deeg in 40 bolletjies. Ek weeg die deeg en deel dit dan deur 40 om die gewig vir elke bolletjie te kry. Maak bolletjies en pak in pan. Jy kan ook in gewone brood panne bak, jou keuse hoe groot jy die bolletjies wil hê.
Bak by 180 ℃ vir 45 – 60 minute, laat die beskuit effens afkoel, keer uit die pan en breek in stukkies op. Droog by 100-110 ℃ vir 5 ure.
Bron: AnnelienPienaar, Beskuit klas 101
Hoeveelheid: 40 bolletjies
Baie dankie, dit is n maklike resep, ek gaan dit beslis probeer.
Jy moet geniet en kom spog asb op Faceboek. Groete Annelien
Klapper. Jammer
Hallo Harriet, jy kan met gemak met sade en klapper varieer of kombineer. Haal per gewig klapper uit en vervang dieselfde gewig met anys. Groete Annelien
My gesin is mal oor die beskuit.Ek kry nooit genoeg gebak om aan die vraag te voorsien nie.’n Treffer!
Tanja, sommer baie bly dat jou gesin die resep so geniet. Groete Annelien