1. Boontjies bevat ‘n aflatoksien genaamd Phaseolus vulgaris. Hierdie toksien op die buitekant van die boontjie veroorsaak erge winderigheid, maagkrampe, diaree en hoofpyn. Nou verstaan ek hoekom my man van kompressie pitte praat!
2. Om van die toksiene ontslae te raak moet die boontjies oornag in water geweek word sodat dit kan afkom. Die bone moet vir 10min gekook word dan om die toksien maksimaal te verwyder. Spoel met elke proses die bone deeglik af.
3. Verder kan jy normaal kook…ek kook altyd my boontjie sop in die Slow cooker en hou dit daarin vir opskep en dan weet ek dit bly ook heelik warm.
4. Ek het al uit ondervinding geleer om maar die pakkie boontjies uit te gooi in ‘n skinkbord en al die klippies en stokkies te verwyder…
https://annelienpienaar.co.za/wp-content/uploads/2017/03/boontjiesop.jpeg
Resep
2k Suiker bone, droog
2 Uie, grof gekap
8k Koue water
250g Spek vleis of beesskenkel
2k Melk
1 pakkie Beesstertsop
2e Suurlemoensap
Sout en peper na smaak
Metode:
1. Verwyder eers alle onsuiwerhede in die bone en was dit voordat dit oornag in koue water geweek word.
2. Gooi die water die volgende dag af, spoel bone weer, en vul kastrol waarin jy die bone gaan kook weer met nuwe vars koue water.
3. Verhit die bone en kook stadig tot dit kook en voeg die spek by. Laat vir 1 uur kook.
4. Voeg die uie by en kook nog ‘n uur.
5. Druk die bone met ‘n masher effens fyn, of soos jy daarvan hou.
6. Verhit weer totdat die sop kook en voeg geurmiddels by.
7. Verdik die sop met die aangemaakte beesstert sop en melk, laat opkook en bedien met tuisgbakte bruibrood en varkvet.
Lewer: 6 porsies
Bron: Hantie Bezuidenhout, 1975
Toets
Annelien jou resepte is awesome!!
Waardeer al jou werk moeite om alles perfek vir ons op fb tesit.
Seèn vir jou
Magda
Groot plesier…solank ek die hele SA aan die brand kan kry om te wil kook en tyd met geliefdes te deel…dan het ek in my doel geslaag. Geniet. Groete A
Jou kos is amazing en ek is baie lief vir boontjie sop
Wil graag resepte per epos ontvang
Dankie vir die mooi briefie, hoop jy gaan nog sommer baie saam met die BKT span kook…Groete Annelien
Hallo Annetjie, loer asb in jou inbus vir die “Confirmation” epos om jou subskripsie te aktiveer. Groete Annelien
Boontjiesop so reg uit my kinderdae!!
Die resep lyk heerlik! Koue in Bloemfontein begin al byt…kan nie wag om die resep uit te probeer nie!
Ja, die perfekte winterskos…geniet ek kom spog met jou sop op die Boerekos met ‘n Twist groep op Faceboek.
Heerlik verby, sal nooit weer n ander resep gebruik nie. Ek het murg bene by gesit en dit was heerlik. Heel dag in die slow cooker gehad, maklikste manier om sop te kook.
Baie dankie Wendy, hoop jy gaan jou Slowcooker noooit weer in die hoekie weg steek nie. Groete Annelien