Mikrogolf maklike Sjokoladekoek resep. Hierdie koek bak vir 8 minute in die mikrogolf op hoog en is heerlik klam. Die gebruik van glas of silikoon vorms is vir hierdie doel perfek. Hierdie resep is geskik vir mikrogolfoond sterktes van 850watts plus stertes. Gebruik n hoë silkoon pan vir hierdie koek. Volume moet ongeveer 2 liter beslag kan neem.

Resep
1 k (140 g) koekmeel – gesif
1 k (210 g) strooisuiker
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
3 jumbo eiers
60 ml (1/4 k) sonneblomolie
75 ml (3/4 k) kakao
5 ml vanielje geursel
250 ml (1 k) kookwater

Metode

1. Smeer ‘n silikoon ringkoekpan of- koek pan met Koekpan smeer op p. 12 van Boerekos met ‘n Twist kookboek. Sif koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Meng die kakao met die kookwater en laat effens afkoel.

2. Klits die eiers tot romerige en voeg die kookolie in dun straaltjie by die mengsel.

3.  Klits die vanielje geursel, kakao, eiermengesel by die gesifte meel. Moenie te veel meng nie, hier gebruik ek my ballon klitser om die bestandele in figuur 8 beweging terwyl die bak gedraai word in te vou.

4. Giet die beslag in ringkoek pan (silikoon soort werk heerlik, maar moet die diep een wees).

5. Bak vir 8 minute op hoog in milrogolf. Los die koek om in die silikoon vorm af te koel en keer dan uit. Maak seker jy bedek die bokant van die silikoon vorm met ‘n bord of deksel om sy vog te behou!

6. Plaas koek in vrieskas vir 2 ure om deeglik te verkoel voordat die sous oor gegiet word. Jy weet daardie foto’s wat mens kry van die mooi koeke met die looperige merke wat lyk of dit in die lug hang en nie tot onder loop en poele vorm? Wel, dit is hoe ons dit doen!

Sjokolade glanslaag
1 1/2 k Room
500 ml Melk
50 ml Botter
1 k (200g) Suiker
100 ml Maizena
100 ml Kakao

Metode
1. Meng suiker met maizena en kakao.

2. Meng die melk, botter en voeg die suiker mengsel by in kastrol. Smelt die suiker eers oor lae hitte en sodra dit gesmelt is kook vir  10 minute totdat die mengsel begin verdik.

3. Verwyder die sous van hitte en laat 5 minute afkoel voordat die room bygevoeg word. Roer die room goed deur met draad klitser en laat eenkant en haal die koek uit die vrieskas. Indien die sous dalk te dik word om te giet, kan jy dit dalk net 1 minuut lank in die mikro verhit en dan goed roer voor giet.

4. Giet die sous  oor die koek.  Die vulsel stol oor die koek, werk maar vinnig.

Bron: Annelien Pienaar, 2016