As jy op ‘n speel-speel manier jou kind pampoen wil laat eet is hierdie muffin met bietjie roomkaas versiersel of glansversiersel net die ding! Hoop julle gaan hierdie een netso baie soos my gesin geniet.
RESEP
2 k Koekmeel
1/2 k Bruinbroodmeel (indien jy nie in voorraad het, kan koekmeel in die plek daarvan gebruik word)
½ t Kaneel
¼ t Neut muskaat (nutmeg)
¼ t Naeltjies (cloves)
¼ t Gemengde kruie (all spice)
½ t Sout
1 t Koeksoda
1 t Bakpoeier
½ tot 1 k Suiker (Gebruik sagte bruinsuiker, gee heerlike karamel smaak)
¾ k Olie
1 t Vanielje geursel
2 Eiers
½ k Karringmelk of gewone joghurt
1½ k Pampoen puree – gekook en fyn gemaak – nie waterig
3 e espresso ektrak van ‘n moca pot of koffie masjien of 1 e espresso kits poeier met 45 ml (3 e) water aangemaak
ekstra Bruinsuiker en neute van keuse om op die muffins te sit voordat dit gebak word
METODE
1. Voorverhit die oond na 180 ˚ C en spuit muffin panne of 2 brood pannetjies.
2. Sif die koekmeel, kaneel, neutmuskaat, naeltjies, allspice, sout, koeksoda en bakpoeier saam.
3. In ‘n mengbak met ‘n klitser klits die suiker, olie en vanielje geursel saam tot lig en donsig.
4. Voeg die eiers een vir een by, die eier moet eers weer romerig word voordat die volgende eier bygevoeg word.
5. Vou die karringmelk, pampoen puree in die eier mengsel in met ‘n metaal lepel.
6. Vou dan die droë bestanddele by.
7. Skep pannetjies ¾ vol, sprinkel met bruinsuiker en neute.
8. Bak vir 20 – 25 minute 180C.
9. As afgekoel versier met glans versiersel.
HOEVEELHEID: 15 muffins of 2 brode van 23 x 10 x 8 cm.
(Bak die brode by 170 ˚ C vir 60 minute).
Hierdie is heeeeerlik. Veral met roomkaas versiering. My kinders bak heerlik saam en geniet hulle baksels!!
Elise, julle moet bietjie op die FB blad kom wys wat julle maak. Groete Annelien