Hierdie resep het ook ‘n storie. Ek het ‘n Tuisnywerheid gehad en my sussie Maryke het vir my hierdie wonderlike sjokolade bruintjies gebak, aanvanklik het sy baie geskaaf en skuur aan die resep totdat sy op hierdie wenner uit gekom het. ‘n Amerikaanse dame het elke vrydag haar bestelling gemaak vir hierdie “Fugde Brownies”. Ons kon net nie voorbly met die bak van hierdie lekkerny nie.
Dit is vir my ‘n baie beter alternatief om te gee by kinderpartytjies, dit is gesond en preserveermiddel vry. Hoop julle gaan dit net so baie soos ons 2 sussies geniet!
KOEK
300 g botter of Rama of Stork bake
380 ml strooisuiker
400 g donker bak sjokolade
6 ekstra groot eiers
10 ml vanielje geursel
2 kop koekmeel – gesif
1 kop pekan neute – grof gekap
METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C.
2.Voer ‘n bakplaat met waspapier uit en spuit met kos sproei.
‘n Lang werpige pyrex bak van so 19 x 30cm sal werk of 2 vierkantige koekpanne.
3. Smelt botter, strooisuiker en sjokolade in kastrol oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
4. Verwyder kastrol van hitte en klits eiers en vanielje geursel by.
5. Voeg die koekmeel by en roer goed deur.
6. Gooi neute by en roer deur.
7. Gooi mengsel in bakplaat en bak vir 25 – 30 minute.
8. Laat afkoel terwyl jy die fugde maak.
FUDGE BOLAAG
50 g botter
30 ml water
50 ml strooisuiker
250 ml versiersuiker – gesif en klonte fyn gedruk
30 ml kakao poeier
METODE
1. Smelt botter, water en strooisuiker in ‘n kastrol totdat die suiker opgelos is.
2. Sif versiersuiker en kakao saam.
3. Klop die versiersuiker en kakao by die botter mengsel in.
4. Smeer dadelik op die lou koek.
5. Laat set en sny in skywe.
PORSIES: 20 repies afhangende van hoe jy kies om te sny.
BRON: Maryke Botha (Maai).
Baie lekker
Geniet en groete vanuit die BKT kombuis…Annelien
DIe Flaxseed Low Carb Broodjie is soos manna uit die hemel. Ek soek al jare na ‘n lekker broodjie omdat ek gluten allergie het. Hierdie broodjie is klam, lig en ontsettend lekker. My man het my gevra of ek die broodjie vir hom gebak het en kon ook nie ophou eet daaraan nie.
Dankie Annelien jy is voorwaar ‘n wenner!
Hallo Simone, sommer baie bly julle vind hierdie broodjie is aangenaam en eetbaar. Daar is ‘n hele rits Keto gebak resepte oppad. Groete annelien
Hi Annelien. Hoeveel gram is die 380 ml strooisuiker?
Hallo Hennie, voor in my BKT kookboek en ook op die webtuiste, soek vir die Algemene omskakelingstabel vir bestanddele. Onthou dat water in ml en gr presies dieselfde is maar die digthede van meel, suiker ens is verskillend. Dus kan jy die volgende sommetjie maak dat 210 g strooisuiker 250 ml is. Groete Annelien Pienaar