Bespaar 46%

Spesiale diëte gebak klas: Saterdag 14 November 2026, 09h00 tot 16h00

Original price was: R2 850,00.Current price is: R1 550,00.

Spesiale diëte gebak is altyd ‘n kopkrapper wanneer iemand in jou gesin of ‘n kliënt met so ‘n versoek kom. Ek het ‘n stel resepte ontwikkel asook vervangers vir meel, melk, eiers en vele meer om in jou bestaande resepte te kan gebruik. Daar is ook vir jou ekstra resepte ingewerk en jy kan na hartelus brood bak, muffins, koeke, gebakte kaaskoeke, klein koekies en vele meer.

6 in stock

Meer oor hierdie produk

Gluten-, suiwel-,  suiker- en eiervrye gebak is altyd ‘n kopkrapper. In hierdie volledige demonstrasie klas word daar na ‘n wye verskeidenheid konsepte gekyk om suksesvol te kan bak. Daar is volledige basiese resepte om jou eie melk alternatiewe, eieralternatiewe en meel alternatiewe te maak. Jy gaan toegerus wees om heerlik te kan bak met die regte kennis en ook om verder meer te waag tov hierdie tipe gebak.

Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: boerekostwist@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).

Alle klasse begin om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.
Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.
Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete
Annelien Pienaar

[/fusion_text][/fusion_builder_column][/fusion_builder_row][/fusion_builder_container]

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Spesiale diëte gebak klas: Saterdag 14 November 2026, 09h00 tot 16h00”