Bespaar 50%

Geskenke uit jou Koskas: Saterdag 12 Desember 2026, 9:00- 14h00

Original price was: R3 000,00.Current price is: R1 500,00.

Geskenke-uit-jou-koskas is hierdie jaar 19 jaar oud. Die konsep het ontstaan vanuit my eie huis en ‘n baie spesiale kas wat elke maand die afgelope 30 jaar van getroud wees, aangevul word met tuisgemaakte produkte soos bottel en bêre items: groente, vrugte, beremengsels, lekkers, soute, gedroogde produkte, boerseep en alle variasies daarvan, velsorg produkte met essensiele olies te kus en keur, handgemaakte items soos voorskote, loop slopies, vatlappies en alles wat mens van kan. Ek is ʼn hopeloos as dit by gee kom..die kas vlieg oop en jy stap weg met berge persente want dit is lekker om iemand te kan bederf. Graag deel ek elke jaar unieke en oulike idees wat jy huis toe neem om ander ook mee te bederf.

Wat kan jy verwag?
Die tema gaan draai om die maak van produkte, verpakking en etikette om nie net tuis te kan vervaardig vir jou geliefdes maar dalk ‘n besigheid in die kleine te kan oprig. Ek leer julle ook van slimfoon fotografie vir jou sosialemedia en bemarking.

Ek verdeel die klas in groepies van twee om van die projekte in ‘n spannetjie saam te vervaardig. Daarna verdeel ons die dag se opbrengste en spandeer tyd met verpakking.

Ek gaan ook ‘n demo vir julle doen met die Thermomix vir eenvoudiger en makliker prosesse om tyd in die kombuis te bespaar. Dan ook wys ek julle hoe om met Cricut te ontwerp en mooi verpakking te doen. Hoe mens jou huishoudelike drukker kan gebruik vir die mooiste self gedrukte papiersakkies. Dan ook etikette en wat die wet vereis wat nodig is vir herverkoop, hier gaan ek julle met die Niimbot label maker laat werk.

Ons gaan maak:
‘n Brosbrood koekie
‘n Veelsydige stroop vir koeke, koffies, roomys en nageregte
‘n Vinnige veelsydige handeroom
‘n Gegeurde sout vir die manne vir braai en vir mamma ‘n lekker rub vir hoender en boude
En nog ‘n bederfie waaraan ek werk vir ‘n heerlike ligte middagete en saam kuier met tafel dek, en oulike idees vir Kersfees

Alle klasse begin  om 09h00.
Parkering
Hekke open om 08h45. Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee. Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!
Groete
Annelien Pienaar

8 in stock

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Geskenke uit jou Koskas: Saterdag 12 Desember 2026, 9:00- 14h00”