Bespaar 27%

Beskuit bakkery: 22 Februarie 2025, 09h00-17h00

Original price was: R2 250,00.Current price is: R1 650,00.

Beskuit bakkery bring jaarliks vir soveel Suid-Afrikaners genot om dit te bak, eet en dan ook op groterskaal te kan verkoop en produseer. Weens ‘n druk vanaf die publiek se kant om na verskillende soorte beskuit, verpakking, storing en wetgewing aspekte aan te spreek is hierdie kursus ontwikkel.

Wat kan jy verwag?
1. Verskil tussen Kits en Gis beskuit
2. Handleiding met 30 bladsye: resepte, standaarde, kopkrappers en oplossings, industrie standaarde en vele meer
3. Bak van twee soorte beskuit in die klas.
4. Bakkerspersentasies en ontwikkeling van eie resepte
5. Oonde, panne, drogingseenhede
6. Verpakking, labeling, raklewe, koste berekening, wins en vele meer.

Waarde vir my geld? Jy ontvang in die klas:
1. Verversings en ligte middagete, tee, koffie.
2. Alle bestanddele vir klas en verpakking ingesluit.
3. Alle nota’s in PDF formaat en sal elke Donderdag uit gestuur word net voor die klas.
4. Epos adres indien jy wil kontak maak: bktklasse2022@gmail.com

Venue en tyd:
In my BKT ateljee op Skeerpoort. Vind Bos en Berg guestfarm op Google Maps gelys.
Fisiese adres is: S43, Skeerpoort, R560 road, Noordwes, 0232 (kyk uit vir die Bos en Berg guestfarm bord).
Alle klasse begin om 09h00.

Parkering
Hekke open om 08h45.
Draai dadelik links by die eerste ingang. Hou links by die vurk en dan reguit aan met die paadjie en parkeer onder die bome agter die Ateljee.

Stap met die kronkel paadjie na regs by die afdakke…ek wag vir jou met heerlike Boeretroos en beskuit!

Groete
Annelien Pienaar

Out of stock

Category:

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Beskuit bakkery: 22 Februarie 2025, 09h00-17h00”