Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Skuinskoek met ‘n Twist

Table of Contents

Skuinskoek het sy oorsprong vanaf die Noord-Kaap en met oorlewering van een vrou na ‘n ander het hierdie resep versprei oor die honderde jare heen. Elke kontrei het maar sy eie weergawe van hierdie heerlike happie gehad. Soos ek die storie ken het die vroue met oorskiet Soetmos beskuit deeg Skuins koek gebak. Die afval stukkies as die panne vol was, is plat gedruk, af gesteek en in vet gebraai. Ek het dit as kind leer eet maar my ma het so paar heerlike kinkels in gebring deur ‘n stropie oor te giet om dit meer soet te maak en soms ‘n sitrus skil in die stroop se kook gegooi. Soms as die stroop klaar was het sy net ‘n paar stof strepies met versiersuiker oor gesprinkel. Tradisioneel word Skuinskoek net so sonder enige souse geniet. Dus, dit is my kinkel wat ek weer by my moeder geleer het.

Ek dink tog daar is ooreenkomste met die Franse se Beignett’s in hierdie deeg. Wat ek verder wil uitlig is die feit dat as jy die deeg bietjie in die yskas laat rys oornag jy ‘n ongelooflike lekker geur kry en dit is saam met die anys die rede hoekom dit so heerlik is. Ek gebruik NET brouersgis vir hierdie projek want sy smaak is heerlik en gee ‘n soeter nasmaak. Jy kan wel soetsuurdeeg gebruik. Loer na my Boerekos met ‘n Twist kookboek se soetmos resep en doen die omskakelings.

840 g (6 k) koekmeel
5 ml (1 t) brouers gis
250 g (1 ¼ k) wit suiker
280 g/ml lou water, 23C kamertemperatuur
90 g/ml botter gesmelt
5 ml (1 t) sout
30 ml (2 e) anys

Neem die gis en los dit in 50 ml van die afgemete water op. Voeg 1t van die afgemete witsuiker by en roer tot goed opgelos. Laat vir 10 min staan totdat daar ‘n dik skuim vorm.

Sif koekmeel en sout saam. Roer die anys by. Neem die botter en meng dit in die meel in met ‘n draad klitser. Hierdie is die deel waar die tekstuur van die deeg vandaan kom. So dit is belangrik.

Meng die suiker by die res van die water en roer totdat die suiker in die water opgelos het. Dit sal ‘n taai stroop vorm. As die suiker nie alles wil oplos, is dit nie ‘n probleem. Maak net seker jy meng vir 5 minute.

Sodra die gis goed skuim voeg dit by die meelmengsel en gevolg deur die suikerstroop. Knie totdat al die bestanddele goed gemeng is. Jy het nie nodig om te veel te knie, net totdat die deeg bymekaar kom. Bedek met kleefplastiek en rus 30 minute en knie dan deeglik. Bedek weer en hou dop dat die deeg verdubbel in volume. Knie die deeg af en sit in die yskas bedek vir 12 ure vir geure om te ontwikkel en stadige rys wat plaasvind.

Volgende dag:
Haal die deeg 2 ure voor gebruik uit om by kamertemperatuur te kom.

Voor verhit diep olie tot 180C en smeer die werksoppervlakte met olie.

Keer die deeg uit op die geoliede werksoppervlakte. Druk die deeg plat tot ongeveer 3 cm dik. Jy kan ook plat rol. Los die deeg vir 20 minute om weer te rys. Sny in skuins skywe en diep braai dadelik. Bak 5 min per kant. Dreineer goed en bedien warm.

Stroop resep: onthou om hierdie stroop warm oor die warm koeke te giet! Kaap Maleise koesiester

Bron: www.annelienpienaar.co.za 1972 Ouma Hantie se bederf aan ons! Standardiseer deur Annelien Pienaar, 2022
Hoeveelheid: 30 stukkies afhangend hoe groot jy sny.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!