Dit is tyd om die beskuit arena bietjie wakker te maak met heerlike alternatiewe beskuit resepte…wat van ‘n kruising tussen ‘n biscotti en ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse kits beskuit?
Nota: die beslag is nie soos ‘n karringmelk beskuit nie, maar baie meer nat. Gebruik ‘n deegskraper om die deeg in die pan te druk. Hierdie resep moenie verdubbel word. Genoeg vir ‘n swissroll pan van 30 cm by 22 cm.
420 g (3 k) koekmeel, gesif
60 g (1/2 k) vlapoeier, gesif, klonte verwyder
10 ml (2 t) bakpoeier
2.5 ml (1/2 t) koeksoda
½ t sout
230 g (1 k) botter, sag en by kamertemperatuur
350 g (1 ¾ k) strooisuiker
4 large eiers
15 ml (1 e) suurlemoensap
10 ml vanielje geursel
Variasie: 100 g (1 k) wit sjokolade nibs of chips, gekapte neute, growwe klapper
Berei ‘n Swissrol pan voor met ‘n silikoon vel of pansmeer. Voorverhit oond na 180 C.
Sif die koekmeel, vlapoeier, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Roer die sjokolade splinters of variasie bestanddele by.
Verroom die botter in ‘n mengbak tot lig en donsig vir 2 minute. Voeg die suiker by en klits vir nog 5 minute tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits vir 1 minuut voordat die volgende eier bygevoeg word. Skraap gereeld die kante van die bak af. Laaste klits die vanielje en suurlemoensap by.
Skep die meel by die eiermengsel en meng met ‘n deegskraper totdat die deeg bymekaar kom. Druk dan in die gesmeerde pan met ‘n deegskraper en moenie vooraf in vingers sny, die beslag is te pap. Bak die deeg vir 30 minute tot gaar. Laat goed afkoel in pan en sny in vingers en droog oornag in ‘n koel oond van 95 tot 100C vir 5 ure.
Bron: Annelien Pienaar, 2020 www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 50 vingers