n Eg Duitse pasta resep wat heerlik is saam met geskroeide vars salie blare en bietjie neutmuskaat. Perfekte vleislose dis.
280 g (2 koppies) koek meel (jy kan ook volgraanmeel gebruik)
1 ½ teelepels sout
1/8 teelepel vars gemaalde neutmuskaat, opsioneel (nie tradisioneel nie, maar voeg ‘n bietjie ekstra geur by)
4 groot eiers
½ koppie melk of water + meer indien nodig (melk lewer ‘n ryker Spaetzle) (**voeg meer meel by as die deeg te dun is, voeg meer melk of water by as dit te styf is)
¼ koppie gesmelte botter vir opdiening
Voeg die meel en sout in die bak van ‘n staan menger of meng per hand.
Breek die eiers in ‘n klein bak en klits dit om op te breek. Maak ‘n holte in die middel van die meelmengsel en giet die eiers daarin. Voeg die melk by (begin met ‘n bietjie minder en voeg meer by indien nodig).
Op stelling no 3 vir Kenwood of stelling 2-4 Kitchenaid, of per hand, meng die deeg vir 15 minute totdat die deeg elasties raak en begin om borrels te toon. Stop en met n houtlepel lig die deeg op om rekbaarheid te toets en lug borrels. Die deeg is dan gereed.
Bring ten minste 2 liter gesoute water tot kookpunt, en verminder dan tot ‘n prut. Gebruik ‘n Spätzle-maker van jou keuse (ek gebruik en verkies die Spätzle-druk), druk die noedels in die pruttende water en kook vir ongeveer 2-3 minute, of totdat die noedels na die bopunt dryf. Gebruik ‘n gaatjieslepel om die noedels na ‘n vergiettes te oor te skep, en gooi die noedels dan in ‘n groot bak met yswater. Dreineer die noedels weer, gooi dit met gesmelte botter en dien warm op.
Maak vooruit: Die Spaetzle kan in die yskas gestoor word vir ten minste ‘n paar dae en dan weer opgewarm word. Smelt botter in ‘n groot pan en gooi die Spätzle daarin om deur te warm.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2023
Hoeveelheid: 4 porsies

