Appelringe gemaak met ‘n heerlike gis basis vir ‘n onvergeetlike happie vir ontbyt. Sprinkel hierdie appelringe met bietjie kaneelsuiker en wat meer wil mens hê? Ek kan wel n heerlike voorstel maak deur te verwys na die sjokoladesous in die Boerekos met ‘n Twist kookboek wat nogal heerlik proe saam met hierdie brosgebakte appel ringe.
Idees: Peer en piesang is ook geskikte pasmaats om hierdie selfde doop beslag mee te berei.
Wenk: om die appelringe baie meer egalig te bak sonder dat die olie vol stukkies deeg raak: Neem ‘n sosatie stokkie en steek deur die rand van die appel maar nie dwars deur. So doop dit makliker en mors minder en braai sommer met die stokkie in. Hierdie resep kan halveer word.

5 ml (1 t) wit suiker
125 ml (1/2 k) lou water (24C)
5 ml (1 t) kitsgis

Los die suiker op in die water en sprinkel die gis oor om op te los. Laat 2 min hidreer en roer dan om een egalige massa te word. Na 5 minute moet daar ʼn skuim gevorm het om aan te dui die gis is aktief.

420 g (3 k) koekmeel
50 g (1/4 k) witsuiker
2 large eiers
475 ml volroom melk
2.5 ml (1/2 t) sout

750 ml sonneblom olie vir diepvet braai.

Plaas koekmeel, witsuiker en sout saam in ʼn mengbak. Meng die eiers, melk en gis saam en meng by die meelmengsel. Hierdie is ʼn lopende beslag en moet vir ʼn uur staan sodat die gis geaktiveer kan word en ook smaak ontwikkel. Ek verkies persoonlik om brouers gis in die plek van kitsgis te gebruik. Dossering bly dieselfde, maar die smaak baie meer intens!

Sodra die deeg vol borrels is en aktief vertoon is ons gereed vir die volgende stap.

Voorverhit olie na 190 C tot 200 C.

4-6 Appels
5 e suurlemoensap of 1 vit C tablet fyn gemaak
1 liter lou water (nie kook)
1 t kaneel

Neem 4 appels en haal die stronk uit. Dit is nie nodig om die appel te skil nie. Plaas in die kaneel water en verhit die olie in ʼn diep kastrol of wok tot 180C.

Die olie is gereed as jy n bietjie van die beslag in die olie drup en dit kom dadelik na bo. Keer appels op ʼn vadoek uit en druk droog. As jy die appels nie droog druk sal die beslag nie klou!

Neem dan ʼn appel ring en doop in die beslag mbv ʼn sosatie stokkie drup bietjie van die beslag af voordat jy die appel ring in die olie plaas. Sodra die appelstukkie die olie raak neem n vurk en trek die stokkie tussen die vurk se tande deur. Of los net die stokkie in.

Braai tot bruin aan beidekante.

Bedien warm en sprinkel met versiersuiker en ʼn fyn tee siffie of kaneelsuiker gemaak met strooisuiker. Hier is nou ʼn paar lekker en soet idees! Soos die warm gebraaide vrugte poffers uit kom, kan jy dit binne in die kaneelsuiker bak plaas en die bak skud sodat die hele stukkie vrug bedek is! Hoop ek het julle nou oortuig om in te spring en saam te bak en kook!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2022-11-10
Hoeveelheid: 6-8 porsies